TTIS brou samewerking en kreatiwiteit met Koffieproffie

deur Vukosi Mathale

Die Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuningskantoor (TTIS-kantoor) by die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs die eerste rondte van ’n innoverende inisiatief getiteld Koffieproffie aangebied. Dit is bedoel om samewerking en kreatiwiteit onder navorsers en innoveerders te kweek. Die oogmerk van hierdie unieke veldtog is om die akademiese gemeenskap deur ’n informele en interaktiewe koffiegebaseerde platform vir dialoog te betrek, met die oorkoepelende doel om begrip vir die NWU se beleid oor intellektuele eiendom (IE) te bevorder, vooruitsigte vir kommersialisering te identifiseer en die verhouding tussen navorsers, innoveerders en die TTIS-kantoor te versterk.

Die Koffieproffie verteenwoordig ’n vars, nuwe toevoeging tot tradisionele betrokkenheidstrategieë en bied aan navorsers en innoveerders by die NWU ’n ontspanne opset waar hulle idees kan uitruil en geleenthede vir samewerking kan ondersoek.   Deur die universele aantrekkingskrag van koffie as katalisator vir gesprekvoering te benut, wil die TTIS grense afbreek en betekenisvolle interaksies aanmoedig wat tot uitkomste lei wat ’n impak kan hê.

Mnr Hannes Malan, TTIS se Kommersialisasie-bestuurder, moedig navorsers en innoveerders aan om van hierdie geleentheid gebruik te maak: “Kom drink ’n koppie koffie en laat ons nuwe idees ondersoek, oor die IE-beleid praat, en kommersialisasiegeleenthede ondersoek. Kom ons praat oor die impak van jou navorsing.”

Die TTIS wil deur middel van Koffieproffie probeer om ’n ondersteunende ekostelsel te skep waar individue hulle insigte vryelik kan deel, ’n dinkskrum oor innoverende oplossings kan hou, en leiding oor tegnologie-oordrag en innovasie-ondersteuning kan ontvang.    Deur ’n kultuur van samewerking en openheid te koester, wil die veldtog navorsers en innoveerders bemagtig om hulle idees om te skakel in tasbare uitkomste wat vir die samelewing tot voordeel is.

Die Koffieproffie sal weer vanaf Donderdag 1 Augustus 2024 tot Vrydag 29 November 2024 op al drie die NWU-kampusse aangebied word.

Skeduleer jou afspraak vandag nog en kom ons gesels oor ’n koppie koffie – dis op ons rekening!

Stuur vir ons ’n e-pos: Techtransfer@nwu.ac.za

Ontdek nog meer: https://services.nwu.ac.za/technology-transfer-and-innovation-support/technology-transfer-and-innovation-support-ttis

......

Ms Lindi Mophuti en Prof Welma Lubbe

...

Mr Hannes Malan en Prof Frank Neumann

....

Mr Johann Cotzee, Mr Ntiyiso Shabangu, Dr Simphiwe Nojiyeza & Mr Hannes Malan

 

Submitted on Fri, 07/26/2024 - 14:57