NWU en ABSA: strategiese vennootskap om innovasie en finansiële samewerking te bevorder

Banke verskaf finansieringsopsies vir verskillende projekte en inisiatiewe, en die Noordwes-Universiteit (NWU) kan in vennootskap met ABSA Bank Beperk die proses van die hantering van finansieringsake vir personeel en studente bevorder.

Afgevaardigdes van ABSA het op Maandag 26 Februarie op die Potchefstroomkampus met hooggeplaastes van die NWU vergader om verskillende gebiede van samewerking te ondersoek. Die verteenwoordigers van die NWU het ’n oorsig gegee van die departemente van Bemarking en Studentewerwing, Studentefinansies, die NWU Besigheidskool, Ontwikkeling en Fondsinsameling, Loopbaandienste, asook Studentelewe.  

ABSA belowe om, in samewerking met die NWU, studente-entrepreneurs in hulle voorsieningskanaalaanbiedings te ontwikkel.   Dit sal deur hulle ondernemingsontwikkelingsafdeling gedoen word, wat klein en medium ondernemings (KMO’s) in staat stel om produkte of dienste aan korporatiewe entiteite te lewer. Die NWU as 'n korporatiewe entiteit sal in hierdie geval die produkte/dienste aan die studente-entrepreneurs lewer.

Verdere konstruktiewe gesprekke oor finansiële oplossings en finansiële opvoeding is gehou en sal in die nabye toekoms op talle gesamentlike ondernemings tussen die twee partye uitloop.

Die bereiking van gesamentlike sukses en impak.

Submitted on Thu, 03/28/2024 - 09:22