Mnr Ntiyiso Shabangu, ’n tegnologie-oordragspesialis by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuningskantoor (TTIS-kantoor), het by die Suider-Afrikaanse Navorsing en Innovasiebestuursvereniging (SARIMA) se konferensie in Maputo, Mosambiek, die belangrike rol beklemtoon van tegnologie-oordragkantore (TTO’s) om die impak van navorsing aan verskillende belanghebbers oor te dra. Sy aanbieding het ooreengestem met die tema “It takes a village to raise a child”, ’n spreekwoord uit Afrika wat die gemeenskaplike poging beklemtoon wat vir koestering en ontwikkeling nodig is.
Mnr Shabangu het in sy aanbieding beklemtoon dat doeltreffende kommunikasie oor navorsingsuitkomste meer behels as bloot om inligting te deel – dit is noodsaaklik vir die verkryging van befondsing, die skep van samewerking en die demonstrasie van die maatskaplike voordele van navorsing. Net soos die grootmaak van ’n kind baie mense betrek, speel die TTO’s ’n noodsaaklike rol in hierdie gesamentlike missie, en versprei die navorsingsimpak aktief na belanghebbers, insluitende beleidsvormers, bedryfsvennote, beleggers en die publiek.
Mnr Shabangu het ’n vergelyking getref tussen die wyse waarop ’n multikulturele dorpie bestuur word en die rol van die TTO’s, waar komplekse navorsing aan individue met verskillende begripsvlakke en agtergronde oorgedra moet word. Hy het die behoefte beklemtoon aan gepaste kommunikasiestrategieë wat ingewikkelde idees kan vereenvoudig en verseker dat ’n breë gehoor die wyer implikasies van gevorderde tegnologieë kan waardeer.
Hy het voorts gesê dat deur ’n benadering te aanvaar wat toekomsgerig is en deur tegnologieë soos kunsmatige intelligensie (KI) te benut,TTO’s hulleself as wêreldwye bestuursleiers in navorsing en innovasie kan posisioneer. As kommunikasiestrategieë ontwerp word om by die belange en agtergronde van verskillende belanghebbers te pas, kan dit help dat boodskappe doeltreffend gehoor word.
Samewerking tussen TTO’s en navorsers is noodsaaklik vir suksesvolle kommunikasie. Om vertroue in hierdie vennootskap te bou en in stand te hou, is noodsaaklik om navorsingsuitkomsteste doeltreffend oor te dra. Mnr Shabangu het voorbeelde van die NWU se innoverende benaderings gedeel, insluitende nuusartikels, digitale platforms, IP-bewustheidsessies, en die “Koffieproffie”-veldtog, wat uitreiking na verskillende belanghebbers beduidend verbeter het.
Mnr Shabangu het beklemtoon dat, baie soos die gemeenskaplike poging om ’n kind groot te maak, TTO’s noodsaaklik is om die gaping tussen die akademie en die samelewing te oorbrug. Deur die kommunikasie-uitdagings aan te pak, strategiese aanbevelings te implementeer en doeltreffende uitreikgeleenthede te prioritiseer, is TTO’s noodsaaklik om akademiese navorsing in praktiese oplossings te omskep om vir die samelewing tot voordeel te wees.
NWU TTIS: https://services.nwu.ac.za/technology-transfer-and-innovation-support/home
2024 SARIMA-konferensie: https://conference.eventsair.com/QuickEventWebsitePortal/2024sarima/eve
Mnr Ntiyiso Shabangu, spesialis in tegnologie-oordrag – NWU TTIS.
Mnr Ntiyiso Shabangu, me Valerie Garises, mnr Abe Mathopa en me Mashudu Nxumalo.