Die Noordwes-Universiteit stel ’n unieke kortleerprogram bekend

Covid-19 het ’n aantal uitdagings vir tersiêre onderwys gebring, waarvan een van die vernaamstes is om nagraadse studente voor te berei om selfversekerde navorsers op hulle gekose studiegebied te word. Die Noordwes-Universiteit (NWU) stel hierdie jaar ’n nuwe kortleerprogram (KLP) in Navorsingsontwerp bekend wat die wyse gaan verander waarop navorsers hulle vaardigheid aanleer.

Die KLP word sedert 2014 op ’n kontakbasis deur die NWU se Optentia-navorsingsfokusarea aangebied, en 2020 het die ideale geleentheid gebied om hierdie omvattende program na ’n aanlyn formaat om te skakel om dit so wyd as moontlik vir studente sowel as akademici toeganklik te maak. Die nuwe KLP-formaat is die gevolg van samewerking tussen die NWU se Sentrum vir Onderrig en Leer, prof Kristen Betts van die VSA, en ’n span van 31 akademici en ondersteuningspersoneel wat aan ’n gedeelde visie werk.

Meer as net ’n aanlyn formaat

Die aanlyn KLP is nie net vir inperkings en pandemies bedoel nie, maar dit is ook ’n beduidende verbetering op die bestaande program. Van monsterneming en statistiek tot ’n storielyn en etiek sal die KLP-navorsingsmetodologie studente en navorsers in staat stel om hulle navorsing met vertroue aan te pak.

Die KLP gee aan leerders ’n blitskursus oor navorsingsontwerp wat hulle sal toelaat om op hulle eie tyd na die besonderhede te kyk terwyl hulle die ondersteuning en klankbord van ’n fasiliteerder en medestudente het. Interact123 is gebruik om die aanlyn program te beplan, en dit het inhoudsontwerpers gehelp om student-tot-inhoud-, student-tot-student- en student-tot-instrukteur-betrokkendheid te optimaliseer. Die KLP in Navorsingsontwerp aan die Noordwes-Universiteit benut ’n leer-ekostelsel wat leerdergesentreerd is en vir selfgerigte leer voorsiening maak. Benut Rise en steek kers op by Spark, en ontsluit leerders se navorsingspotensiaal deur interaktiewe aanlyn ondersteuning en kundige leiding.

’n Geslag van navorsers van wêreldgehalte

Vorderings op die gebied van rekenaarhardeware en -sagteware, navorsingsmetodes, data-insameling en statistiese sagteware het ons vermoë om intensiewe navorsing te doen noemenswaardig verbeter. Die doel van die aanlyn KLP in Navorsingsontwerp is om die vermoëns van navorsers uit te bou. Vermoëns het drie komponente, naamlik waardes, bemagtiging en doeltreffendheid. Die doelwit van die aanlyn KLP is om nagraadse studente en navorsers te ontwikkel wat wetenskaplike metodes waardeer, hulle in staat te stel om hulle vaardighede te ontwikkel en hulle doeltreffendheid te verhoog.

Inhoud wat by Rise, Ignite, Glide, en Adobe Spark geïntegreer is, word vir deelnemers aangebied om hulle navorsingspotensiaal deur interaktiewe aanlyn ondersteuning en kundige leiding te ontsluit. Die aanlyn KLP bestaan uit 160 veronderstelde ure en loop oor drie maande. Die kursus loop drie keer per jaar en begin in Januarie, Mei en Augustus. Kontak asseblief vir Lynn Booysen by Optentia vir meer inligting oor die KLP in Navorsingsontwerp – lynn.booysen@nwu.ac.za / 016 910 3410.

Ons sal op 4 Maart 2021 van 15:30 tot 17:00 die KLP in Navorsingsontwerp amptelik met ’n webinaar oor aanlyn leer bekend stel. Hou die NWU se sosiale media platforms dop vir besonderhede oor registrasie vir hierdie gebeurtenis.

 Klik hier om na ’n kort video oor die aanlyn KLP in Navorsingsontwerp op YouTube te kyk.

 

Submitted on Wed, 02/03/2021 - 12:02