Afsterwe van prof Stephen de la Harpe

Dit is met groot hartseer dat ek moet aankondig dat Prof Stephen de la Harpe, die uitvoerende dekaan van die Fakulteit Regte, vanoggend, 18 Februarie 2021, oorlede is nadat hy vroeg in Januarie hierdie jaar in die hospitaal opgeneem is. Hy is as gevolg van Covid-19-verwante komplikasies oorlede.

Prof Stephen was ’n vriendelike, warm en goedhartige persoon met diepe integriteit. ’n Man met ’n uiters sagte benadering, wat so ’n geweldige impak op diegene om hom gemaak het, en wat die Noordwes-Universiteit (NWU), en veral die Fakulteit Regte, in dikwels onstuimige tye vorentoe geneem het.

Hy het die NWU vir 21 jaar gedien en is vanaf 1 April 2018 as uitvoerende dekaan aangestel.

Ons innige meegevoel aan die familie, vriende en kollegas van hierdie statige leier in die universiteitsgemeenskap. Laat ons hulle in ons gedagtes en gebede onthou.

Ons eer en salueer hom.

“When a great man dies, for years the light he leaves behind him, lies on the paths of men,” Henry Wadsworth Longfellow

Prof Linda du Plessis

Waarnemende Visekanselier

Submitted on Thu, 02/18/2021 - 12:48