Talentvolle spelers skiet doele om te wen

’n Mens leer lewenslesse deur aan sport deel te neem – lesse soos dissipline, verantwoordelikheid, selfvertroue, aanspreeklikheid en spanwerk. In die geval van hokkiespelers aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark help sport ook om die finansiële las te verlig wat met universiteitstudies gepaardgaan.

In ’n onlangse hokkie-uitdaging het studente die veld betree om hulle staal te wys en in die proses ook ’n kans gestaan om een van verskeie hokkiebeurse wat beskikbaar was, in te palm. Volgens Suné van der Linde, assistentafrigter van die kampus se vrouehokkie-eerstespan, was die doel van die uitdaging om nuwe talent te ontgin en aan huidige spelers die geleentheid te gee om oefening in ’n kompetisie te kry.

Die spelers het tydens die hokkie-uitdaging aan tydrondtes en mini-wedstryde deelgeneem. Die topspelers in die mans- sowel as die vroue-kategorie het ’n sportbeurs ter waarde van R5 000 elk gewen. Die beurse sal gebruik word om onderriggeld te betaal. Die wenners was:

  • Franco Bester
  • Siyabonga Sikhondeze
  • Busi Malindi
  • Khanyisile Mdaba
  • Tebogo Makau

    
Action during the timed skills circuit

 

 

Submitted on Fri, 04/20/2018 - 15:07