Potchefstroomkampus-nuus

Vennootskap bemagtig Malawiese dieetkundiges

’n Kundige span dokters en verpleegkundiges is nodig om doeltreffende behandeling te verseker vir pasiënte wat kritiek siek is. ’n Noodsaaklike toevoeging tot hierdie span is die dieetkundige, aangesien studies getoon het dat sonder die leiding van voedingskundiges, talle pasiënte aan wanvoeding ly terwyl hulle in die hospitaal versorg word.

Die Dieetkundeprogram in die Skool vir Toegepaste Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het baie jare se ervaring in die opleiding van kwaliteit-dieetkundiges in Suid-Afrika.

’n Vennootskap tussen die NWU en die… Read more

Honneursprogram in opvoedkundige sielkunde bemagtig steeds Potchefstroom Hospitaal

Die vrugte van ’n agt jaar lange veeleisende gemeenskapsonderneming kan nou duidelik in die Potchefstroom Hospitaal-projek gesien word.  Hierdie onderneming is deurlopend aan die gang gehou deur die onwrikbare passie, toewyding en verbintenis van die personeel wat sedert 2014 daarby betrokke is. Die begin van die projek kan so ver teruggevoer…

Navorser sluit aan by topkardioloë op die SA Heart®-direksie

’n Navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) is gekies om op die direksie van die Suid-Afrikaanse Hartvereniging (SA Heart®) te dien. Hy sal ook op sy uitvoerende en belanghebberkomitees dien.

Prof Ruan Kruger van die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) gaan drie jaar lank op die direksie dien. “Dit is ’n baie groot eer. Die…

Ruim skenking van PPS gee stylvolle nuwe voorkoms

Die boonste vloer van die G23-gebou op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) huisves die vakgroep Farmakologie in die Skool vir Farmasie, en ’n navorsingspan van die Pharmacen sentrum van uitnemendheid.

Danksy ’n ruim skenking van die Professional Provident Society (PPS), is die ingang na hierdie vloer opgeknap met…

Prof Jonathan Calof neem sy bemarkingsinsig na ’n Mandarynse gehoor

Dit kom as geen verrassing nie wanneer ’n wêreldberoemde kundige in intelligensie en voorkennis soos prof Jonathan Calof van die Ottawa Universiteit in Kanada en buitengewone professor in die navorsingsfokusarea TRADE aan die Noordwes-Universiteit (NWU), nog ’n wêreldverhoog vind: China.

Prof Calof se boek, Gaining Market Insight from…

Indiensnemingstendense is bemoedigend, maar die struikelblokke bly groot

Die verdere geringe afname in Suid-Afrika se werkloosheidskoers tot 31,9% in die derde kwartaal van 2023 is goeie nuus, en die feit dat totale indiensneming nou terug is op voorpandemievlakke word verwelkom.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, het kommentaar gelewer op die derde kwartaal…

Ontdek die paralimpiese helde van die toekoms: Suid-Afrika se soeke na glorie

Die Sportwetenskap-span van die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs na die Tlamelang Spesiale Skool net buite Mahikeng gereis om vir die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) ’n reeks talentidentifikasietoetse op basketbalspelers in rolstoele te doen.…

Groot eer vir ontluikende navorser

Maricélle Botes se lang reis saam met die Noordwes-Universiteit (NWU) het vrugte gedra. Hierdie finalejaar-PhD-student by die navorsingseenheid vir Reg, Geregtigheid en Volhoubaarheid is deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) met ’n toekenning vir navorsingsuitnemendheid vir die volgende geslag navorsers in die geesteswetenskappe, sosiale…

Ondersoek inheemse pedagogieë in die tog om Suid-Afrika se Eurosentriese kurrikulum te verander

Universiteitskurrikulums moet by ongemaklike gesprekke betrokke raak om hedendaagse uitdagings aan te pak, en in die afgelope paar jaar was daar ’n toenemende beweging na die dekolonisering van die onderwyskurrikulum in Suid-Afrika. Die vraag van “watter kennis het die grootste waarde”, of “wie se kennis het die meeste waarde” is die kern van…

’n Goeie slaaproetine het ’n positiewe invloed op atlete se prestasie

Hulle floreer op adrenalien, opwinding en energie, maar dit is veral slaap – of die gebrek daaraan – wat die prestasie van atlete kan beïnvloed. ’n Navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) sê haar navorsing toon dat die handhawing van goeie slaapgewoontes, of slaaphigiëne soos dit genoem word, nie net ’n atleet se prestasie en uithouvermoë…

Xcel – open geslote deure in ingenieurswese

’n Tweede kans om beter matriekuitslae te kry, kan net die ding wees om ’n voorspoedige loopbaan in ingenieurswese mee te begin. Die Noordwes-Universiteit (NWU) gee deur die innoverende Xcel-program aan talentvolle matrieks wie se finale uitslae in die pad staan van hulle droom om ingenieurs te word die geleentheid om hulle passie na te jaag.…