Navorsingsnuus

“Monsters, Mites & Fabels”-uitstalling vertoon studentekurators se groei en leer

Die ViNCO-navorsingsentiteit (Visuele Narratiewe en Kreatiewe Uitsette-navorsingsentiteit) by die Noordwes-Universiteit (NWU), ’n gemeenskaplike onderneming wat kreatiewe praktisyns insluit, het ’n uitstalling getiteld “Monsters, Mites & Fabels” geskep met die doel om hulle lede se kreatiewe en kunstige pogings te bevorder. ’n Totaal van 14…

NWU bied deurslaggewende leierskap oor voeding in Malawi aan

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is vasbeslote om in ooreenstemming met die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte ’n deurslaggewende rol op die Afrika-vasteland te speel.

’n Uitstekende voorbeeld hiervan is die African Nutrition Leadership Programme (ANLP) van die Sentrum van Uitnemendheid in Voeding (CEN) by die NWU, wat…

Openbare lesing: ''Land, Land Reform and (Re)membering our Relationship with land''

Die Bevolking en Gesondheid-navorsingsentiteit by die Noordwes-Universiteit (NWU) was op Woensdag 28 Augustus 2024 die gasheer vir ’n openbare lesing wat deur dr Jackson Sebola-Samanyanga, senior lektor in die Departement van Stads- en Streeksbeplanning aan die Universiteit van Pretoria, aangebied is. Die geleentheid is op die Mahikengkampus…

Ontmoet ons navorsers

Navorsers van regoor die fakulteite by die Noordwes-Universiteit (NWU) gaan voort om opwindende werk op hulle kundigheidsgebiede te doen.

Ons stel die werk van twee navorsers bekend - Tumi Ledwaba, 'n dosent in Geskiedenis, en prof Tycho Maas, buitengewone navorser in die Skool vir Antieke Taal- en Teksstudies.

Antieke tekste en die interpretasie daarvan vir vandag se samelewing

Hetsy hulle geskiedkundig waar of fiksie is, tekste verskaf nie net inligting nie, maar is ’n dryfkrag agter ideologiese verandering vir hulle teikengehoor, en spoor die lesers daarvan aan om nuwe gedrag, soos morele waardes en goeie etiese optrede, te aanvaar.

Die persoon by die Noordwes-Universiteit (NWU) wat lig werp op hierdie…

Afrika-kruie en nanotegnologie ’n kombinasie met ongelooflike resultate

Mieliesaad loop vinnig uit en word florerende saailinge wanneer dit voorvoer-bemesting kry wat gemaak is van nanodeeltjies wat uit ’n inheemse Afrika-krui, impepho, verkry is.

Hierdie kragtige krui (helichrysum odoratissimum), ook bekend as kooigoed en Afrika-salie, is die kern van die navorsing van dr Bongiwe Dhlamini-Zungu, ’n…

Plaaslike koerant se verskuiwing na sosiale media blyk effektief te wees

Fortune Tsutsa se meestersgraadnavorsing oor die gebruik van sosiale media vir die verkryging van nuus en vir verslaggewing deur die Potchefstroom Herald is ’n voorbeeld van die mag van moderne tegnologie in joernalistiek.

Digitale nuus het ’n integrale deel van die Suid-Afrikaanse nuuslandskap geword, met die meeste Suid-Afrikaners wat…

Berei die pad voor vir Suid-Afrika se sirkulêre ekonomie

Die dae van die weggooi-ekonomie is iets van die verlede. Omgewingswetenskaplikes en baanbrekers soos prof Linda Godfrey van die Noordwes-Universiteit (NWU) is die dryfkrag agter die veldtog vir ’n florerende sirkulêre ekonomie.

Met meer as 20 jaar wat aan die bestudering van die afvalsektor gewy is, het prof Godfrey gesien hoe…

Jong navorser ontvang NRF-toekenning vir uitnemendheid

Navorsing met ’n impak –  dit is waarvoor die Noordwes-Universiteit (NWU) bekend is. Die universiteit se navorsers skitter steeds nasionaal en internasionaal. Dit was weer eens duidelik by die onlangse toekennings van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) van 2024, waar ’n…

Ontmoet ons navorsers

Navorsers van regoor die fakulteite by die NWU gaan voort om opwindende werk op hulle kundigheidsgebiede te doen.

Ons stel die werk van twee navorsers bekend - prof Anja Franken en dr Suranie Horn, beide van die Beroepshigiëne- en Gesondheidnavorsingsinisiatief (OHHRI).