Potchefstroomkampus-nuus

Vennootskap bemagtig Malawiese dieetkundiges

’n Kundige span dokters en verpleegkundiges is nodig om doeltreffende behandeling te verseker vir pasiënte wat kritiek siek is. ’n Noodsaaklike toevoeging tot hierdie span is die dieetkundige, aangesien studies getoon het dat sonder die leiding van voedingskundiges, talle pasiënte aan wanvoeding ly terwyl hulle in die hospitaal versorg word.

Die Dieetkundeprogram in die Skool vir Toegepaste Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het baie jare se ervaring in die opleiding van kwaliteit-dieetkundiges in Suid-Afrika.

’n Vennootskap tussen die NWU en die… Read more

Ontmoet ons navorsers

Navorsers van regoor die fakulteite by die NWU gaan voort om opwindende werk op hulle kundigheidsgebiede te doen.

Prof Andries Moneyke is die direkteur van die navorsingsfokusarea Fisieke Aktiwiteit, Sport en Rekreasie (FASReK).

Dr Nicholin Scheepers is die programleier by die Kwaliteit in Verpleging en Vroedvrousorg (…

Navorser gebruik kunsmossels om waterbesoedeling te moniteer

Waterbesoedeling is ’n beduidende omgewingskwessie met ’n verreikende impak op die samelewing. Dit is nie beperk tot plaaslike of streeksgrense nie, en word deur klimaatsverandering vererger, wat gesondheidsrisiko’s vir die mens tot gevolg het.

In die hantering van sulke geweldige risiko’s vir ons waterhulpbronne, het ons nou innovasie…

Koloniale tekste met ’n verskil verskaf insig vir vandag

Die voortgesette invloed van kolonialisme kan regoor die wêreld gesien word, aangesien dit ’n blywende impak op samelewings en kulture het. In Suid-Afrika was die nasleep van kolonialisme veral diepgaande en gekenmerk deur tye van Hollandse en Britse oorheersing.

’n Navorsingsprojek getiteld “Colonial Pasts and Transnational Futures”,…

Plastiekbesoedeling plaas ’n demper op vierings

Daar word geskat dat 10 miljoen klein stukkies plastiek op die grasperk voor die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Regte in Potchefstroom lê, en die grond op die Fanie du Toit Sportterrein het ook hoë vlakke van plastiekbesoedeling. Dit plaas ’n demper op die vierings wat dikwels in hierdie ruimtes gehou word, en waar…

’n Fakulteit wat omgee stap die ekstra myl vir leerders

Graad 12-leerders is op die drumpel van volwassenheid en moet besluite vir hulle toekomstige loopbane en leefstyle neem. Die las van hierdie besluite en verwagtings van ouers, onderwysers en die samelewing kan oorweldigend wees.

Te midde van hulle stres en bekommernisse, kan hulle op mentors soos prof Fazel Freeks, medeprofessor en…

Ontsluit die krag van emosionele intelligensie

Die nagraadse studente (honneurs- en meestersgraad) van die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika (SBWI) is op Vrydag 8 Maart 2024 op ’n transformatiewe werkswinkel oor emosionele intelligensie getrakteer. Die werkswinkel is deel van ’n reeks geleenthede wat deur ABSA aangebied word om die Noordwes-Universiteit (NWU) te help om studente…

Sanmarie Visser volhard in haar netbaldroom

Op die hoek van Ds Abrey Beukes-rylaan en Jan de Klerk-weg in die buurt Oosterville pronk die woorde: “Volhard en Oorwin”. Dít is die leuse wat leerders van Hoërskool Duineveld in die snikhete Upington daagliks sien. Dít is wat die Noordwes-Universiteit (NWU) se Sanmarie Visser daagliks op die netbalbaan doen.

Van Keimoes tot Upington,…

Reserwebank bly baie versigtig te midde van onsekerhede

“Hoewel die meeste ontleders glo dat die rentekoerse in Suid-Afrika nou hulle hoogtepunt bereik het – indien daar nie groot skokke op ons wag nie – beskou die Monetêrebeleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank om verstaanbare redes steeds die inflasierisiko’s as hoog.”

In sy kommentaar op die besluit van die MBK op 27…

Vennootskap bemagtig Malawiese dieetkundiges

’n Kundige span dokters en verpleegkundiges is nodig om doeltreffende behandeling te verseker vir pasiënte wat kritiek siek is. ’n Noodsaaklike toevoeging tot hierdie span is die dieetkundige, aangesien studies getoon het dat sonder die leiding van voedingskundiges, talle pasiënte aan wanvoeding ly terwyl hulle in die hospitaal versorg word.…

NWU gasheer vir Curro Esports Indaba 2024

Curro is die toonaangewende onafhanklikeskoolnetwerk wat ’n reeks opsies bied vir ouers wat na ’n onafhanklike skool soek, en die Noordwes-Universiteit (NWU) het die voorreg gehad om die tweede Curro eSports Indaba aan te bied, wat van Donderdag 29 Februarie tot Saterdag 3 Maart 2024 gehou is.

Die konferensie is deur Curro eSports in…