Natuur- en Landbouwetenskappe Nuus

Sonteleskoop brei navorsingshorisonne oor sonfisika uit

Die sonteleskoop van die Sentrum vir Ruimtenavorsing wat op die dak van gebou G5 op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus geleë is, het die aandag van organisasies soos die BBC en Royal Astronomical Society getrek.

Dr Ruhann Steyn, senior lektor en hoofwetenskaplike wat by die projek betrokke is, het onlangs die…

Hoërskoolleerders leer meer oor die gevolge van klimaatsverandering

Leerders van die StudyXpress Hoërskool in Potchefstroom het die geleentheid gekry om self te sien watter tipes besoedeling en drywers van klimaatsverandering in hul omgewing aangetref word. Die groep leerders en ’n wetenskaponderwyser het onlangs die Noordwes-Universiteit (NWU) se Welgegund atmosferiese metingstasie vir ’n veldlesing oor…

Agterplaastuin-vennootskap skiet wortel – betyds vir Nelson Mandela-dag

In ’n tyd waar voedselonsekerheid ’n dwingende bekommernis is, bied gemeenskapstuine ’n praktiese oplossing deur toegang tot vars, voedsame kos te verhoog. Hierdie tuine bemagtig individue en gemeenskappe om beheer van hulle voedselproduksie te neem, en om die afhanklikheid te verminder van duur en dikwels ongesonde voedselalternatiewe wat by…

Navorser verseker ’n plek vir parasiete op die rooilys vir bedreigde spesies

Parasiete. Net die noem daarvan kan vir ’n mens rillings langs jou ruggraat af gee, en beelde optower van organismes wat vinnig voortplant en ander spesies opvreet en vernietig. ’n Gevierde navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) hoop om hierdie persepsies te verander.

Prof Nico Smit, wat bekend is daarvoor dat hy ’n baie…

Professor se wye fokus lei tot internasionale samewerkings en suksesvolle NNS-gradering

Prof Elias Munapo van die Noordwes-Universiteit (NWU) is ’n Nasionale Navorsingstigting- (NNS-) gegradeerde navorser – nie ’n maklike prestasie vir akademici met groot onderrig- en studieleiersverpligtinge nie.

Sy navorsingsbelangstellings is die gebruik van wiskunde en statistiek in besigheid. Hy het in 2022 sy eerste C3-gradering as…

Roei bosindringing uit

Bosindringing is ’n wêreldwye uitdaging, maar deur die multimiljoenrand-RIBS-projek word hierdie groot bydraer tot gronddegradering met hernude ywer aangepak.

RIBS is ’n akroniem wat vir “Rangeland Improvement through Bush Control and Sustainable Intensification to mitigate Climate Change and improve Livelihoods and Food Security in…

Gemeenskappe baat by die NWU se ontwikkelingsprojekte

Suid-Afrika ervaar moeilike uitdagings wat vereis dat die volgende geslag universiteitsgegradueerdes opgeleide leiers met uitgebreide vermoëns moet wees om met gemeenskappe saam te werk sodat probleme opgelos kan word en daar verandering kan kom. 

Vier projekte van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat in vennootskap met gemeenskappe…

ANSTI stel dekaan op sy interim raad aan

NWU-personeel lewer steeds beduidende bydraes, nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal. Die uitvoerende dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, prof David Modise, is op die interimbestuursraad van die Afrika Netwerk van Wetenskaplike en Tegnologiese Instellings (African Network of Scientific and Technological Institutions…

Blaarskroei by mielies het komplekse oorsake, maar kan bestry word

Blaarskroei by mielies is ’n bedreiging vir voedselsekerheid, en hoewel dit komplekse oorsake het, kan dit doeltreffend bestuur word. Dit is een van die bevindings van ’n groep navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat hierdie plantsiekte by die universiteit se Molelwane-plaas in Mahikeng ondersoek.

Hulle navorsing toon dat die…

QS World University Rankings sluit NWU by twee vakgebiede in

Die Noordwes-Universiteit (NWU) word steeds op internasionale ranglyste geplaas. Die jongste Quacquarelli Symonds (QS) World University Rankings by Subject sluit die NWU by twee vakgebiede in: landbou en bosbou, en medisyne.

Die 2023 QS World University Rankings by Subject plaas die NWU in die 351-tot-400-kategorie vir landbou en bosbou…