NWU-staatmakers beloon vir lojale diens

Verskeie personeellede van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark is onlangs tydens die Amptelike Opening van die Akademiese Jaar met langdienstoekennings vereer.

 

Tydens dié geleentheid – wat die begin van die akademiese aktiwiteite vir die jaar inlui – is 25 personeellede, wat saam meer as 380 jaar se vaardighede en kundigheid verteenwoordig, geloof vir hul ononderbroke en lojale diens aan die universiteit.

Langdienstoekennings is gemaak vir 10, 15, 20, 25, 30 en 35 jaar diens onderskeidelik. Die visekanselier, prof Dan Kgwadi, en die adjunk-visekanselier vir beplanning en bedrywighede op die Vanderbijlparkkampus, prof Linda du Plessis, the die toekenningsgeleentheid behartig.

10 Jaar diens

Prof A Fouche

Me SL Maekela

Me L Harmse

Me A Petzer

Dr MM Heyns

Me ME Rassoaisi

Mnr JJS Kuhne

Mnr JN Simango

Mnr EO Kwaledi

Me AJM van Zyl

Me MA Law

Prof D Viljoen

 

15 Jaar diens

Dr MJ Booysen

Me A Smith

Prof HW Nell

Mnr RS Walsh

Mnr JE Potgieter

Me S Wolff

Prof V Roos

 

20 Jaar diens

Prof JP Fouche

Mnr MJ Mofokeng

 

25 Jaar diens

Mnr JP Jooste

Me NM Mbola

 

30 Jaar diens

Me Y Engelbrecht

35 Jaar diens

Prof PD Pretorius

 

Prof Philip Pretorius van die Fakulteit Natuur en Landbouwetenskappe het ‘n langdienstoekenning ontvang vir 35 jaar se ononderbroke diens. Die toekenning is deur prof Dan Kgwadi en prof Linda du Plessis oorhandig.

Submitted on Wed, 02/06/2019 - 13:28