NWU betreur die heengaan van voornemende onderwyser

Die gemeenskap van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark betreur die heengaan van Bathabile Mohopela, ’n student in die Fakulteit Opvoedkunde.

Bathabile, ’n finalejaar-Grondslagfase-student, het haar stryd teen kanker op Maandag 5 Februarie 2018 verloor. Sy het nog net vyf modules nodig gehad om haar graad te voltooi.

Nadat sy in haar derde studiejaar (2016) met leukemie gediagnoseer is, kon Bathabile nie in 2017 haar eerste semester van haar finale studiejaar voortsit nie. Volgens dr Stef Esterhuizen van die Fakulteit Opvoedkunde het Bathabile aggressiewe chemoterapie ondergaan en vreesloos teen haar kankerdiagnose geveg. Haar gesondheid het in so ’n mate verbeter dat sy in die tweede semester van 2017 kon terugkeer klas toe.

“Bathabile se afsterwe is baie hartseer, veral as ’n mens in ag neem dat sy so naby daaraan was om haar graad te voltooi,” sê dr Esterhuizen, en voeg by dat haar veggees en passie vir onderwys haar nalatenskap is.

Bathabile Mohopela

 

 

Submitted on Mon, 02/26/2018 - 11:21