Krone, selfvertroue en charisma – Mej en Mnr NWU Vaal 2019

As jy gedink het dat skoonheidswedstryde net oor hoë modes en begeerlikheid gaan, misgis jy jou deeglik. By die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark verteenwoordig die jaarlikse Mej en Mnr NWU Vaal-kompetisie ’n viering van selfvertroue, charisma en talent.

Hierdie jaar het die pragtige Azania Msagala en die charismatiese Mark Langa met die louere en die titel van Mej en Mnr NWU Vaal weggestap.

Volgens Lethiwe Khubeka, ’n lid van die direktoraat vir studentesake en kompetisiekoördineerder, is die doel van die jaarlikse kompetisie om die vaardighede in openbare redevoering, die prestasies, gemeenskapsdiens en die talente van die deelnemende studente te vertoon. Kortom: 21 studente wat daarna streef om ambassadeurs van die universiteit en rolmodelle vir positiewe verandering en bemagtiging te wees.

Die wenners stap met die louere weg

Hierdie jaar was twee dagkoshuise – Acacia en Oryx – in die kollig, met Azania wat Acacia verteenwoordig het en Mark wat die trotse verteenwoordiger van Oryx was. Die tweede en derde plekke is ingeneem deur: Fortune Royal Nsele (eerste prinses), Mary Kolopang (tweede prinses), Mokgadi Mabitsela (eerste prins) en Mduduzi Msiza (tweede prins).

                                

Azania Msagala, Mej NWU Vaal 2019/2020.          Mark Langa, Mnr NWU Vaal 2019/2020.

 

Verteenwoordigers van al die kampus se koshuise tydens die kampus in Vanderbijlpark se jaarlikse skoonheidskompetisie. Voor is Lethiwe Kubheka, die kompetisie se koördineerder

Submitted on Tue, 09/10/2019 - 10:02