Geesteswetenskappe Nuus

Oorbrug die gaping: Bevorder samewerking tussen die akademie en staatsdiens

Die Skool vir Owerheidstudies in die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Dinsdag 3 Oktober ’n openbare seminaar gehou.

Die primêre doel van die seminaar was om die gaping tussen die akademie en die praktyk te oorbrug, met ’n bepaalde klem op die rol van die Skool vir Owerheidstudies.

Forum ondersoek uitdagings van KI-gegenereerde kennis met betrekking tot oorspronklikheid en outeursreg

Die Fakulteit Regte en die Fakulteit Geesteswetenskappe by die Noordwes-Universiteit (NWU) het op die aand van Woensdag 27 September die Kunsmatige Intelligensie (KI) Forum gesamentlik aangebied.

Die gebeurtenis het om KI-gegenereerde kennis gesentreer asook die implikasies daarvan vir outeursreg, oorspronklikheid, en beliggaming.…

Gemeenskapsbetrokkenheid is sy passie

Prof Aaron Tshidzumba, adjunkdekaan vir gemeenskapsbetrokkenheid, besigheidsontwikkeling en belanghebberverhoudinge in die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Geesteswetenskappe, het noemenswaardige bydraes op sy kundigheidsgebied en die groei van die universiteit gelewer.

As ’n medeprofessor onderrig hy uitsaaiwese, joernalistiek…

Verstaan die impak van ’n gesinstruktuur op straatkinders

’n Onlangse studie wat deur dr Karabo Mohapanele, ’n PhD-gegradueerde in sosiologie van die Noordwes-Universiteit (NWU), uitgevoer is, werp die lig op die noodsaaklike rol van gesinne om kinders se gedrag te beïnvloed en hulle lewens te vorm, en hoe gesinsdinamiek en -struktuur ’n betekenisvolle rol in die voorkoms van straatkinders in Noordwes…

Optentia stel twee nuwe kortkursusse bekend

Mentorskap voeg waarde toe op talle vlakke – vir mentees, mentors, asook studieleiers, en kan vir alle betrokke partye tot voordeel wees. Om hierdie verhouding te ontwikkel, word die partye gehelp om nuwe dinge aan te leer, hulle netwerke te bou en as professionele persone te groei.

Om sukses in die mentorskapverhouding te verseker, het…

Plaaslike navorser gaan met Cambridge Universiteit saamwerk

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is baie trots op die kaliber van sy akademici. Die kundige werk van die NWU se navorsers en dosente word dikwels internasionaal erken, wat lei tot geleenthede om met van die beroemdste en mees hoogaangeskrewe universiteite in die wêreld saam te werk.

Prof Paul Smit, medeprofessor in en programleier vir…

Agterplaastuin-vennootskap skiet wortel – betyds vir Nelson Mandela-dag

In ’n tyd waar voedselonsekerheid ’n dwingende bekommernis is, bied gemeenskapstuine ’n praktiese oplossing deur toegang tot vars, voedsame kos te verhoog. Hierdie tuine bemagtig individue en gemeenskappe om beheer van hulle voedselproduksie te neem, en om die afhanklikheid te verminder van duur en dikwels ongesonde voedselalternatiewe wat by…

Verken Suid-Afrika se unieke en interessante erfenis

Het jy al ooit oor die betekenis van ’n monument langs die pad gewonder? Dalk het jy al in ’n dorp stilgehou wanneer jy op reis is en gewonder waar die dorp se besienswaardighede is. Reisigers het vroeër reisgidse en kaarte gebruik, maar daardie tyd is verby, danksy apps soos Road Trip SA.

Die Suid-Afrikaanse maatskappy Value Apps Edms…

NWU CoLab help om gemeenskapsradio-omroepers te bemagtig

Die CoLab van die Skool vir Kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en die nasionale elektroniese media-instituut van Suid-Afrika (National Electronic Media Institute of South Africa, NEMISA) het in 2019 hande gevat en ’n 12 maande lange leerlingskapprogram begin om aan gemeenskapsradio-omroepers ’n NKR-vlak 5-kwalifikasie te bied.…

Groot toekenning bevorder samewerkende navorsing in die Geesteswetenskappe

Twee navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n spesiale toekenning ontvang wat hulle samewerkende navorsing nasionaal en internasionaal ’n hupstoot sal gee.

Dr Yolandi Coetser en dr Laura Phillips, navorsers by die Maatskaplike Transformasie-navorsingsfokusarea van die NWU, het elkeen feitlik ’n miljoen rand se befondsing by…