Fakulteite Nuus

NWU takel pandemie op talle fronte

Die ontwrigtende Covid-19-pandemie het beslis nie die navorsers en akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) van koers af gebring nie en hulle wend hulle kundigheid tot voordeel van die samelewing aan.NWU-personeel en -studente is by verskeie pandemieverwante projekte betrokke. Dit wissel van betrokkenheid by gemeenskappe tot die vind van…

Borsvoeding bo

Daar is onweerlegbare bewyse dat om babas die eerste ses maande van hulle lewe te borsvoed, talle langtermyngesondheidsvoordele vir ’n kind inhou. ’n Groot getal Suid-Afrikaanse vroue doen dit egter nie.Chantell Witten, wat onlangs haar PhD aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Sentrum vir Uitnemendheid vir Voeding (CEN) voltooi het, het…

NWU-akademikus pak werkloosheid onder die jeug aan

Namate statistieke oor werkloosheid onder die jeug in Suid-Afrika steeds styg, is ’n akademikus van die Noordwes-Universiteit (NWU) op die voorpunt om oplossings vir hierdie krisis te soek.Dr Celestin Mayombe van die Skool vir Professionele Studies in Onderwys het onlangs ’n navorsingsverslag getiteld: “Needs assessment for vocational skills…

Fakulteit staan gesin by ná verwoestende brand

Die personeel van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het hulle harte oopgemaak vir ’n gesin wat feitlik al hulle besittings in ’n verwoestende huisbrand in Mahikeng verloor het.

Die brand, wat in die laaste week van Mei uitgebreek het, het feitlik die hele HOP-huis in Danville, Wyk 17 in puin…

Hoe die pandemie kinders se gesondheid raak

Suid-Afrikaanse kinders gaan hierdie jaar twee of meer maande van skool misloop as gevolg van die staat van inperking, en dus gaan hulle geen skoolsport beoefen nie, terwyl ander fisiese aktiwiteite ook grootliks beperk is. Hierdie passiwiteit, saam met eetpatrone wat aan ’n lewe tydens die staat van inperking gekoppel is, kan ’n onwelkome…

Die nuwe (onbekende) wêreld van werk

Die wêreld van werk ná die Covid-19-pandemie gaan anders wees as die een waaraan ons gewoond is. Dit is die mening van prof Bennie Linde, ’n professor in arbeidsverhoudinge aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Skool vir Bedryfsielkunde en Mensehulpbronbestuur in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Prof Linde voorspel dat die…

NWU se Optentia spog met ’n nuwe PhD in Verhoudingsdinamiek en Ontwikkeling

In nog ’n eerste vir die Noordwes-Universiteit (NWU) het die Optentia-navorsingsfokusarea onlangs die byvoeging van ’n innoverende nuwe doktorsgraad in Verhoudingsdinamiek en Ontwikkeling by sy reeds indrukwekkende nagraadse repertoire gevoeg.

Die program, Philosophiae Doctor in Sosiale Wetenskappe met Verhoudingsdinamiek en Ontwikkeling, is…

Skool vir Tale betreur die heengaan van taalveteraan

Die personeel, studente en lede van die Suid-Afrikaanse taalgemeenskap betreur die heengaan van prof Johannes Lenake – of Oom Johan, soos hy alombekend was. Hierdie taalveteraan het op 91-jarige ouderdom steeds sy skat van kennis met studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus gedeel.

Prof Lenake is op 21 Mei 2020…

Dit is hoekom jy sukkel om te slaap

As jy in die vroeë ure van die oggend op enige sosialemediaplatform inskakel, sal jy heel waarskynlik ’n klomp mense aanlyn aantref. Sedert die land ’n paar weke gelede as gevolg van Covid-19 die staat van inperking betree het, sukkel Suid-Afrikaners om aan die slaap te raak.

Prof Pieter Kruger, ’n konsultant- kliniese sielkundige en…

Romeo haal die podium in die #ZAVentilatorChallenge

Daar is regoor die wêreld groot bekommernis oor die tekort aan mediese toerusting – veral ventilators – vir die stryd teen die Covid-19-pandemie. Namate die getal bevestigde gevalle in Suid-Afrika daagliks toeneem, berei die privaat en openbare sektor hul vir die verwagte behoefte voor, maar dit is nog onduidelik of ons genoeg ventilators sal hê…