Fakulteite Nuus

NWU slaan sesse: Plavei die pad – een LEGO-blokkie op ’n keer

Daar is ’n beroemde Chinese spreekwoord wat sê “As jy vir ’n jaar beplan, plant rys; as jy vir ’n dekade beplan, plant bome; as jy vir ’n leeftyd beplan, voed mense op”.

Daar is talle maniere waarop ’n mens ’n impak in die wêreld kan maak, maar daar is geen groter impak wat gemaak…

Lae vlak van leenkoste bevorder steeds ekonomiese stabiliteit

Die besluit verlede week deur die Monetêre Beleidskomitee (MBK) om die repokoers vir die vierde agtereenvolgende keer onveranderd te laat, was te wagte, en in ooreenstemming met markverwagtings.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (…

Studie oor grootskaalse potensiaal om hernubare waterstof te stoor

Navorsing wat tans by die Noordwes-Universiteit (NWU) uitgevoer word oor nuwe en beter maniere om waterstof te stoor, kan daartoe lei dat kragfluktuasies wat soms met hernubare energiebronne geassosieer word iets van die verlede word.   Die HySA-bevoegdheidsentrum by die NWU verduidelik die stoorprobleem soos volg: Elektriese energie wat uit…

Teologie vir die wêreld

Diversiteit is die begronding van die Noordwes-Universiteit (NWU) en geloof is ’n steunpilaar vir talle by die NWU en vir biljoene mense regoor die wêreld. Die Fakulteit Teologie het weer eens getoon dat diversiteit en geloof goed saamgaan deur buitengewone PhD’s by die eerste PhD-gradeplegtigheid van 2021 toe te ken. Moses Banungwiiri, wat van…

Oestersampioene kan bruin seegras ’n voedingsryke opsie vir inheemse hoenders maak

Bruin seegras is bekend daarvoor dat dit ’n ryk bron van minerale soos kalsium, mangaan, kalium, natrium, fosfor, swael en yster is. Voeg oestersampioene by hierdie mengsel en die resultaat kan ’n baie voedingryke bron van voer vir inheemse hoenders wees. So redeneer Godfrey Mhlongo ’n PhD-student in dieregesondheid by die Noordwes-Universiteit…

Wespe help om metaalkontaminasie te bepaal

Wespe (perdebye) word dikwels as plae beskou, maar hulle kan ’n groot rol in die ekostelsel speel, van bestuiwing totdat hulle ’n skakel in die voedselketting is. ’n Meestersgraadstudent van die Noordwes-Universiteit (NWU), Yasfir Tarif Nadat, onderneem ’n studie om te toon hoe wespe besoedeling kan aandui. Sy studie is geïnspireer deur ’n…

Myne is besig om nuttige plante in Limpopo te besmet

Chroom uit mynaktiwiteite is in hoë konsentrasies gevind in plantspesies wat gewoonlik in huistuine in Sekhukhuneland, Limpopo, gekweek word. Dit is ’n potensiële gesondheidsgevaar.   Dit is van die bevindings van Sutapa Adhikari, ’n doktorale student aan die Noordwes-Universiteit (NWU), wat die besoedeling van voedsel- en medisinale plante…

Hoe gesinne geestesgesondheidsorgkwessies hanteer

’n Hele gesin kan geraak word as ’n gesinslid ’n geestesiekte, gestremdheid of ontwikkelingsagterstand het. Meganismes om die gevolglike stres te hanteer, sluit in om te ontsnap, die situasie te vermy, dit te ontken, of om hulle na godsdiens te wend. Só sê Tshepang Modise, wat ’n meestersgraad in verpleegkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU…

Dit is tyd om omgewingsregulasies te laat werk

Met oproepe om veiliger, skoner omgewings, stel ’n navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) voor dat plaaslike regerings bestaande omgewingsregulasies afdwing om ’n beter lewensgehalte vir almal te verseker. Maricélle Botes, wat deel is van die navorsingspan by die Fakulteit Regte se Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoel in stede, die reg en…

Plante bied inheemse oplossings vir gesondheidsorg

Ongeveer 80% van Suid-Afrika se bevolking is vir hulle gesondheidsorgbehoeftes van mediese plante afhanklik, en dit lei tot ’n toenemende belangstelling in die kommersialisering van plantgebaseerde geneesmiddels.

Navorsing deur Tshepiso Ndhlovu, ’n PhD-kandidaat aan die Noordwes-Universiteit (NWU), gee ons ’n kykie na die potensiaal van…