Nuwe boek ondersoek hoër onderwys in die lig van ’n pandemie

Die Covid-19-pandemie het verwoesting agtergelaat en die hoëronderwyssektor is nie gespaar nie. Dit is die gevolgtrekking waartoe ’n nuwe boek, getiteld Higher Education in the Face of a Global Pandemic, gekom het. Die mederedakteurs daarvan was prof Petronella Jonck van die Noordwes-Universiteit (NWU) en prof Emnet Tadesse Woldegiorgis van die Universiteit van Johannesburg (UJ).

Prof Jonck is ’n navorsingsprofessor by die navorsingsnisarea Global Innovative Forefront Talent (GIFT) op die Mahikengkampus. Die boek is op Dinsdag 30 Mei by UJ bekendgestel en die gebeurtenis is deur die Ali Mazrui-sentrum vir Hoëronderwysstudies (AMCHES) aangebied.

Die boek het die verband tussen die pre-Covid-19-, Covid-19- en post-Covid-19-scenario’s beklemtoon. Die digitale gaping in Afrika is ten opsigte van die pre-Covid-19-toneel beklemtoon, en so ook die geskiedkundige nalatenskap wat ’n impak op huidige gebeure gehad het.

“Met verwysing na die Covid-19-scenario’s is verskeie onderwerpe gedek. Voorbeelde is die dokumentasie van die regering se inperkingsmaatreëls, ’n gevallestudie wat die gereedheid vir alternatiewe modaliteite evalueer, studente se persepsie van aanlyn onderrig en leer en ’n moontlike verband met voorkeurleerstyle. Daar word genoem dat digitale geletterdheid post-Covid-19 noodsaaklik is, en twee hoofstukke is daaraan gewy,” sê prof Jonck.

Sy het ook by die bekendstelling van die manuskrip ’n SWOT-ontleding van die hoëronderwyslandskap gegee, wat gegrond is op die bevindings wat in die boek weergegee word.

....

Prof Thandi Lewis (medeprofessor, Ali Mazrui-sentrum vir Hoëronderwysstudies, UJ), prof Petronella Jonck (navorsingsmedeprofessor, GIFT, NWU), prof Emnet Tadesse Woldegiorgis (direkteur, Ali Mazrui-sentrum vir Hoëronderwysstudies, UJ) en prof Mlamuli Hlatswayo (medeprofessor, Ali Mazrui-sentrum vir Hoëronderwysstudies, UJ).

...

Submitted on Wed, 06/07/2023 - 09:35