Nuut verkose Vanderbijlpark-Kampusstudenteraad tree in diens

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark spog met ‘n nuut verkose groep studenteleiers.

Tydens ‘n onlangse gelukwensingsplegtigheid het lede van die kampusbestuur die geleentheid gehad om die nuwe lede van die Kampusstudenteraad (KSR) ‘n handdruk te gee en hul beter te leer ken.

In sy gelukwensingstoespraak het mnr Jacob Simango, direkteur vir studentelewe, die leiers bedank vir hul passie en deursettingsvermoë asook hul verbintenis om ‘n daadwerklike impak op die studentegemeenskap te maak. “Deur hande te vat kan studenteleiers en kampusbestuur die droom van ‘n wêreldklas universiteit bewaarheid en dinamiese oplossings vind om uitdagings die hoof te bied”, het mnr Simango verduidelik.

Die KSR bestaan uit 15 lede, elk met ‘n eie portefeulje. Dié komitee word vir die 2018/2019 termyn gelei deur Lwazi Nene (voorsitter) en Dipalesa Zondi (ondervoorsitter).

Voorsitter

Lwazi Nene

Ondervoorsitter

Dipalesa Zondi

Sekretaris-generaal

Moeketsi Mofokeng

Tesourier

Perseverance Delwa

Geaffilieerde verenigings

Molefi Mosebi

Regsbeampte

Lesego Maleke

Akademiesebeampte

Tebogo Siziba

Skakelwerk en Spesiale projekte

Ntsane Ramokhoa

Koshuisbeampte

David Zungu

Gemeenskap- en belanghebbendes

Ike Mabelebele

Sportbeampte

Enathi Petse

Kuns en Kultuur

Gibson Hlungwane

Huidige gebeure

Basetsana Peloyahae

Fondsinsamelingsbeampte

Mbali Ngcobo

Internasionale- en afstandstudente

Khotsofala Ramasilo

 

Lwazi Nene (voorsitter) en prof Linda du Plessis, adjunk visekanselier vir beplanning en Vanderbijlparkkampusbedryf. 

 

Submitted on Mon, 09/10/2018 - 12:41