Maatskaplike aanpassing in post-apartheid-SA

Die lewe in post-apartheid-Suid-Afrika moet nog verstaan word. Hierdie uitdaging, asook die strategiese voorneme van die Noordwes-Universiteit (NWU) om maatskaplike geregtigheid te bevorder, daag die samelewing uit om die “sosiale” begrip vanuit ’n perspektief van maatskaplike geregtigheid meer indringend te beskou.

Volgens die organiseerders van die adjunk-visekanselier se kollokwium oor maatskaplike geregtigheid, is die doel van hierdie begrip om die swaar las van die geskiedenis wat gedra word deur groot, gemarginaliseerde minderhede asook meerderhede wat onder onregverdige gemarginaliseerdheid ly, krities te ondersoek.

Die kollokwium vind op 13 November 2018 van 10:00 - 14:00 op die kampus in Vanderbijlpark plaas.

Hierdie kollokwium, wat deur die Optentia-navorsingsfokusarea aangebied word, sal deur twee wêreldklaskundiges toegespreek word om die kernidees te bespreek wat vir die samelewing van waarde is oor hoe om te lewe en op te tree. Kortom: wat elke persoon moet verander – met behulp van hulle versameling hulpbronne – om gewaardeerde mense te wees en só op te tree.

Die sprekers sluit prof Puleng Segalo van Unisa en prof Andries Baart van die Universiteit van Utrecht, Nederland in.

Prof Puleng Segalo

Prof Segalo is ’n medeprofessor in sielkunde en die huidige hoof van navorsing en graadstudies aan die Kollege van Geesteswetenskappe by Unisa. Sy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Jeugakademie van Wetenskap en die aangewese voorsitter vir die Forum vir Sielkunde in Afrika.

Sy is ’n NNS-gegradeerde vakkundige en ’n ontvanger van ’n aantal nasionale en internasionale uitnemendheid in navorsing-toekennings, waaronder dié vir die onderskeidende jong vrouenavorser van 2014, wat deur die Suid-Afrikaanse Departement van Wetenskap en Tegnologie toegeken word.

As kundige is sy passievol oor Afrika-kennisstelsels en haar huidige navorsingswerk fokus op vroueskrywers uit Afrika en die belangrikheid van die gee van ’n stem aan talle vroue sonder stemme. Sy glo in maatskaplike geregtigheid en die belangrikheid om jou eie geskiedenis te ken.

Prof Andries Baart

Prof Baart – wat ook ’n buitengewone professor by Optentia is – is ’n sosiale wetenskaplike, filosoof en teoloog. Hy is tans ’n professor aan die Universitair Medisch Centrum Utrecht, in Nederland.

Hy was voorheen die voorsitter van Presence and Care by die departement vir sorgsaamheidsetiek aan die Universiteit voor Humanistiek in Utrecht. As kundige op sy gebied het hy die teorie van teenwoordigheid en die (praktykgeoriënteerde) teenwoordigheidsbenadering ontwikkel. Ten opsigte van navorsing is hy die dryfveer agter die Presence Foundation, ’n platform vir navorsing en praktykinnovasie in professionele gesondheidsorg en welstand.

Vir meer inligting besoek die Optentia-webwerf of stuur ’n e-pos aan Lynn Booysen by lynn.booysen@nwu.ac.za.

Submitted on Tue, 11/20/2018 - 08:23