Fakulteite Nuus

NWU-Juta-skynverhoorkompetisie vier sy tiende verjaardag met aanlyn verhore

Die gewilde jaarlikse NWU-Juta-skynverhoorkompetisie vier sy tiende verjaardag. Die kompetisie sal hierdie jaar in ’n aanlyn formaat plaasvind.

As gevolg van die Covid-19-pandemie het die Juta-skynverhoorkompetisie nie in 2020 plaasgevind nie, maar gaan hierdie jaar voort met die oog daarop om regstudente die…

Duisende word by die NWU se uitreiksentrums ingeënt

Die Covid-19-inentingsveldtog in Suid-Afrika het ’n hupstoot gekry met duisende lede van die publiek, insluitende personeellede van die Noordwes-Universiteit (NWU), hulle gades en lewensmaats, wat die afgelope naweek (16 tot 18 Julie) hulle inentings ontvang het. ’n Inentingsveldtog het by twee NWU-sentrums – die Great Hall in Mahikeng en die…

NWU se voornemende geoktrooieerde rekenmeesters skitter

Ten spyte van die talle uitdagings wat studente tydens die Covid-19-pandemie moes te bowe kom, het die voornemende geoktrooieerde rekenmeesters by die Noordwes-Universiteit (NWU) besonder goed in hulle ITB (Aanvanklike Toets van Bevoegdheid) gevaar.

Die uitslae van die Suid-…

Geweld moet vinnig in bedwang gebring word

Wat op die spel is vir die Suid-Afrikaanse ekonomie indien wet en orde nie gou herstel word nie, is onomwonde deur president Cyril Ramaphosa in sy toespraak op 12 Julie beklemtoon.

Prof Raymond Parsons, ekonoom by die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê dat die…

Nuwe vennootskap sal vir chemiese ingenieurs groot voordele inhou

Die Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese by die Noordwes-Universiteit het ’n vennootskap met ’n sagtewaremaatskappy gesluit wat hulle aan die voorpunt van ontwikkeling sal plaas.

Die vennootskap met METSIM, die voorste modelleringsagtewaremaatskappy, sal die ontwerp van nuwe…

Kweek hoop ten spyte van die wanhoop oor Covid-19

Die voortgaande effek wat Covid-19 op geestesgesondheid het, word regoor die wêreld gevoel, maar veral in Suid-Afrika noudat die pandemie ons land met ’n derde vlaag getref het. Ons het geliefdes, ons finansiële stabiliteit, van ons vryhede, ons sosiale interaksie, en ’n “normale lewe” waaraan…

Toekenning sal SA help om sy moeilike geskiedenis te hanteer

Suid-Afrika is ’n samelewing waar ’n gevoel van behoort deur ’n lang en diep geskiedenis van verdeling en ontneming gekompliseer word. Vier personeellede van die Noordwes-Universiteit het ’n internasionale toekenning van die African Critical Inquiry Programme* (ACIP) ontvang om ’n gesamentlike werkswinkel te…

Diepleerstudente skitter by die NWU-gradeplegtigheid

Die Fakulteit Ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is met reg trots op die sukses van sy nuwe groep nagraadse studente in die MuST-navorsingsnisarea (Meertalige Spraaktegnologie-navorsingsnisarea).

Al sewe meestersgraadstudente wat by MuST se 2019/2020-diepleerprogram…

Die regering het beperkte opsies gehad toe die inperkingsmaatreëls na vlak 4 opgeskuif is

“Die breë realiteite waarmee president Cyril Ramaphosa gekonfronteer word in sy soeke na die regte balans tussen lewens en heenkomes om die huidige ernstige derde golf van Covid-19 en sy deltavariant te hanteer, moet erken word.”

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool…

Laat die Grondwet vir straatverkopers werk

Terwyl die informele sektor honderde duisende mense uit armoede ophef, verhinder verskeie munisipale verordeninge die uitbreiding van hulle sakeondernemings, en skend in ’n mate hulle regte. ’n Navorser aan die Noordwes-Universiteit (NWU) glo dat ’n moontlike oplossing vir die beskerming en ontwikkeling van hierdie sektor by die Grondwet lê.…