NWU neem die voortou met internasionale konferensie oor inligtinggeletterdheid

In sy poging om bekend te staan as ’n internasionale universiteit wat vir betrokke vakkundigheid onderskei word, gaan die Noordwes-Universiteit (NWU) in September die 2019-weergawe van die Internasionale Konferensie oor Inligtingsgeletterdheid (ICIL) aanbied.

Die tema van hierdie jaar se konferensie is “Inligtingsgeletterdheid oor alle sfere van die lewe”. Tydens hierdie geleentheid sal navorsers, vakkundiges in biblioteek- en inligtingsdienste, personeellede, mediaspesialiste, akademici en beleidmakers van regoor die wêreld op die NWU se kampus in Vanderbijlpark saamtrek om hulle kennis te deel en onlangse ontwikkeling en tendense op die gebied van inligtinggeletterdheid te bespreek.

Die konferensie vind van 23 tot 26 September plaas, en afgevaardigdes word uitgenooi om aan verskeie interaktiewe sessies – van individuele referate en plakkate, PechaKucha (’n visuele storievertel-formaat), ’n doktorale forum (wat kort referate dek óf oor ’n kritiese literatuuroorsig óf oor navorsingsvrae) of paneelbesprekings – deel te neem.

Algemene konferensie-onderwerpe sluit onder andere die volgende in:

  • Inligtinggeletterdheid in die verskillende kontekste van die alledaagse lewe
  • Aktiewe burgerskap
  • Inligtinggeletterdheid as emansiperende pedagogie
  • Indiensneembaarheid
  • Beleid en beleidsontwikkeling
  • Inligtinggeletterdheid-instruksie soos dit regoor professies op kurrikulumontwikkeling, onderrigontwerp, onderrigtegnieke, e-leer en samewerking van toepassing is
  • Vervlegteleer-multigeletterdheid
  • Oop toegang
  • Gekontekstualiseerde inligtinggeletterdheid

Lys van hoëvlaksprekers

Die konferensie spog met ’n internasionale groep hoofsprekers:

  • Prof Serap Kurbanoglu, Turkye
  • Prof Irina Zhilavskaya, Rusland
  • Prof Trudi E Jacobson (VSA)
  • Prof Thomas P Mackey (VSA)

Die nasionale hoofsprekers is:

  • Prof Bosire Onyancha (SA)
  • Prof Karin de Jager (SA)
  • Prof Ina Fourie (SA)
  • Prof Jako Olivier (SA)

Vir registrasie en meer inligting

Vir meer inligting en om vir hierdie konferensie te registreer, stuur asseblief ’n e-pos aan Yvonne.Engelbrecht@nwu.ac.za

 

Submitted on Thu, 07/11/2019 - 12:15