Studente word uitgenooi om vir nagraadse Mandela Rhodes-beurs aansoek te doen

Strewe jy daarna om 'n leier te word wat 'n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van die Afrika-kontinent sal maak? Wil jy in 2018 met nagraadse studie voortgaan en is jy op soek na 'n beurs wat volledig befonds is? {C}

Wil jy graag deel van 'n lewensveranderende leierskapontwikkelingsprogram wees saam met 'n diverse groep begaafde leiers van regoor die kontinent? Indien wel, is die Mandela Rhodes-beurs net die ding vir jou!

Die Mandela Rhodes-beursprogram verteenwoordig 'n kombinasie van finansiële steun vir nagraadse studie en 'n leierskapontwikkelingsprogram van hoogstaande gehalte wat dit ten doel stel om 'n uitnemende kapasiteit vir leierskap in Afrika te bou. Die 2018-aansoeke open op 10 Maart 2017. Die sluitingsdatum is 18 April 2017.

Vanjaar moet alle aansoekers aanlyn via die Embark-toepassingstelsel aansoek doen. Toegang tot die aansoekvorm kan via 'n skakel op die Mandela Rhodes-beurs se webblad verkry word. Suksesvolle kandidate sal 'n streng keuringsproses moet ondergaan.

Die visie van die Mandela Rhodes-beurs

Die hoofdoel van die Mandela Rhodes-stigting is om met behulp van 'n verskeidenheid programme uitnemende leierskap-kapasiteit in Afrika te ontwikkel (terwyl daar ook gestreef word om beter versoening en entrepreneurskap te kweek). Om dit reg te kry beoog die stigting om in hierdie strewes die voortou in Afrika te neem.

Die Mandela Rhodes-programme wil leierskap- en beroepskapasiteit regoor Afrika ontwikkel om sodoende die kontinent te help om sukses, voorspoed en volle, gelyke deelname in die wêreld te bewerkstellig.

Die missie van die Mandela Rhodes-beurs

Die missie wat die Mandela Rhodes-stigting vir elkeen van hierdie belanghebbers onderneem, is soos volg:

  • Die beurs poog om vir die donateurs wat die Mandela Rhodes-stigting bemagtig en subsidieer 'n effektiewe, professioneel bestuurde onderneming te verskaf wat dien as voertuig en kanaal vir die maatskaplike impak wat as gesamentlike begeerte in ons visie en doelstelling verskyn.
  • Vir die beurshouers en ander deelnemers aan programme wil die beurs die nodige leierskap en intellektuele kapasiteit bou en ondersteun sodat die Mandela Rhodes-stigting die soort maatskaplike impak kan maak waarna die visie verwys.
  • Vir die gemeenskappe waaruit die beurshouers geselekteer word en op wie die voorsiene maatskaplike voordele gemik is, onderneem die Mandela Rhodes-stigting om nooit die doel van hul bestaan te vergeet nie, en belowe hulle om onvermoeid en met aanspreeklikheid aan te hou werk om die effek van die bemagtiging te maksimeer.
  • Vir verwante liefdadigheidsorganisasies en stigtings (bv. die Rhodes-trust, die ander "Mandela"-stigtings) waarmee hulle 'n erfenis deel, strewe die Mandela Rhodes-stigting daarna om gesamentlik op te tree indien die behoefte hom voordoen, en om dit só te doen dat die onderskeie ondernemings wedersyds versterk word.

Leidende beginsels van die beurs

Die Mandela Rhodes-beurs word deur vier beginsels gerig, naamlik: leierskap, versoening, opvoeding en entrepreneurskap. Hierdie leidende beginsels help om buitengewone leierskap-kapasiteit in Afrika te bou. Die beurs befonds honneurs- en meestersgraadstudies ten volle, sowel as 'n jaar lange leierskapontwikkelingsprogram wat op die vier leidende beginsels gebaseer is.

Submitted on Tue, 03/28/2017 - 14:35