Ons vier vordering en innovasie: van werwing tot registrasie

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Studente-inligtingstelselprojek (SIS-projek) – SIS Eagle – het op Dinsdag 2 April 2024 die student-kliënt-verhoudingsbestuurmodule CRM Nexus amptelik bekendgestel om die universiteit se aansoeksiklus vir 2025 te hanteer. Die CRM Nexus-module is ontwerp om die hele waardeketting vanaf werwing tot aansoeke en keurings meer vaartbelyn te maak.

Verskeie afgevaardigdes, insluitende die NWU se hoof en visekanselier, prof Bismark Tyobeka, het op Donderdag 4 April op die Potchefstroomkampus bymekaargekom om hierdie tasbare mylpaal in die universiteit se implementeringsreis te vier. Kollegas van Anthology, die diensverskaffer, en ander NWU-personeel het virtueel aan die viering deelgeneem bygewoon.

Met die NWU-aansoeke vir die 2025- akademiese jaar wat op Dinsdag 2 April kon begin, is ’n totaal van 44 000 aansoeke op 2 en 3 April ontvang. Die universiteit is positief oor en bemoedig deur die getal aansoekers, wat by die minuut toeneem.

Jason Beukes, ’n senior bemarker en projekbestuurder vir Nagraadse en Afstandsleer-werwing by die NWU, het al die vername gaste verwelkom.

“Terwyl ons met kollegas van regoor die wêreld vergader, kan die NWU trots wees daarop dat die visekanselier van bo af die leiding neem,” het prof Marlene Verhoef, die NWU registrateur en projekborg, gesê. Sy het ook haar dankbaarheid teenoor Anthology uitgespreek. “Sonder Anthology sou dit nie moontlik gewees het om die universiteit se mededingingsvoorsprong regoor die land uit te brei nie.”

Mnr Clement Manoko, uitvoerende direkteur vir Korporatiewe Verhoudinge en Bemarking, het by die bekendstelling vir die teenwoordiges gesê: “Die span behoort trots te wees op die vordering wat tot dusver gemaak is, en moet vir die reis voorberei totdat die tweede fase van die projek begin. Ons rol is om die universiteit se waardeketting te prioritiseer deur te verseker dat die stelsel werk en deur ons belanghebbers genavigeer kan word.”

Ashish Mathur, visevoorsitter van Anthology, het die span gelukgewens met hulle merkwaardige intervensieprojek en die universiteit geloof dat dit ’n instelling is wat doeltreffendheid in hulle implementering verseker. Hy het voorts gesê dat dit noodsaaklik was om in ’n gees van vennootskap na hierdie bekendstelling te kyk, en die NWU kan dieselfde vlak van verbintenis van Anthology verwag.

“Ek wil daarop wys hoe belangrik almal se bydraes is,” het prof Bismark Tyobeka gesê. Hy het verder genoem hoe kritiek dit was vir die span om doelgerig te wees om die stelsel so aan te wend dat die NWU se mededingingsvoordeel versterk word. “Julle rol strek verder as bloot om by die ontwikkeling van nuwe tegnologiese rolle aan te pas. Dit behels die aanpassing van ons besigheidsmodel en aktualisering van ons strewe na outomatisering en selfdiens deur tegnologie.”

“Wees verseker dat die hele NWU-gemeenskap gretig op die uitkomste van julle harde werk wag. Julle verantwoordelikheid vir die posisionering van ons universiteit om in ’n immerveranderende hoëronderwyslandskap nuwe horisonne te ontdek en geleenthede aan te gryp, kan nie oorbeklemtoon word nie,” het prof Tyobeka afgesluit.

Kritieke verbeterings

Die CRM Nexus-module het die onmiddellikheid van kommunikasie en terugvoer om die ervaring van aansoekers te bevorder, soos volg geprioritiseer:

1. Met ’n aansoeker se aanvanklike kontak deur middel van die stelsel word ’n onmiddellike e-poskennisgewing aan die aansoeker gestuur en ’n tydelike wagwoord verskaf. Geoutomatiseerde kommunikasie sal geïmplementeer word vir versoeke om die wagwoord te verander.

2. Ná die indiening van ’n aansoek sal deurlopende erkenningse-posse aan die onderskeie aansoekers gestuur word. Daardie e-posse sal die aansoeknommer bevestig, die poortskakel van die aansoek verskaf sodat die status nagespoor kan word, en ’n skakel verskaf vir navrae aan die span wat met die kliënte werk

Nog ’n mylpaal wat tydens die NWU se twintig jaar van uitnemendheid bereik is … hartlik dankie aan die span wat deurgedruk het en wat ’n bydrae gelewer het om dit ’n lofwaardige prestasie te maak.

...

Op pad na die toekoms.

Submitted on Wed, 04/10/2024 - 10:37