NWU Vanderbijlpark spog met nuwe Alumni-advieskomitee

Ses jaar ná die stigting van die heel eerste alumni-advieskomitee op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark laat die komitee steeds sy teenwoordigheid geld.

Die komitee verteenwoordig die kampus se sterk en lewendige alumnigroep, wat regoor die wêreld versprei is. Daardie alumnilede vervul belangrike korporatiewe, bedryfs-, regerings- en gemeenskapsleiersrolle. Die uitdaging van die komitee se nege lede is om ’n sterk en betekenisvolle netwerk vir alle gegradueerdes te verseker, ’n goeie werksverhouding met die verskillende universiteitstrukture in stand te hou en as skakel tussen die bedryf en die akademie te dien. Kortom: om ’n brug tussen die kennis en vaardighede van die verlede en toekomstige potensiaal te bou. 

Volgens Zanele Ngobesi van die kampus se alumnikantoor behels dit baie meer om ’n alumnus te wees as net ’n gevoel om êrens te behoort – dit maak van elke gegradueerde ’n aandeelhouer in hulle alma mater. Zanele verduidelik dat daar verskeie maniere is waarop alumni by hulle alma mater betrokke kan raak. Dit sluit donasies vir liefdadigheid, mentorskappe, internskappe en vrywilligerdiens in.  

Die mandaat van die advieskomitee is om met verskillende alumni-groeperinge te skakel (byvoorbeeld nagraads, vakgroepe, graadkwalifikasies en koshuise) en om proaktiewe verhoudings met hierdie verskillende groeperinge te bou. Aangesien die komitee uit verteenwoordigers uit ’n wye verskeidenheid professionele agtergronde en affiliasies bestaan, dien hulle voorts as belangrike skakel tussen die universiteit en die eksterne omgewing.

Die komitee bestaan uit die volgende lede:

  • Pat Matla
  • Nikiwe Zulu
  • Yolanda Fourie
  • Zanele Ngobese (NWU-alumnikantoor)
  • Mpho Mosia
  • Vincent Kheswa
  • Pule Pitso
  • Thami Manzi
  • Morabe Ramosebi

Die NWU Vanderbijlpark Alumni-advieskomitee Voor van links is: Zanele Ngobese, Yolanda Fourie, Nikiwe Zulu en Pat Matla Agter van links is: Mpho Mosia, Vincent Kheswa, Pule Pitso, Thami Manzi en Morabe Ramosebi

Submitted on Mon, 05/07/2018 - 10:26