NWU se TRADE publiseer boek oor Afrika se digitale toekoms

Die wêreldhandelsorganisasie (WHO) se leerstoelprogram in die TRADE-navorsingsentiteit (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) by die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n nuwe boek oor Afrika se digitale toekoms gepubliseer.

Die boek, getiteld Africa’s digital future: From theory to action, lewer ’n belangrike en tydige bydrae tot die literatuur oor Afrika, en ondersoek die talle geleenthede en uitdagings wat die vasteland in die gesig staar in ’n wêreld wat deur versnelde tegnologiese verandering gekenmerk word.

Die boek, wat deur prof Wilma Viviers, Ali Parry en dr Adelia Jansen van Rensburg geredigeer is, is deur AOSIS – die ooptoeganguitgewer wat ’n wye reeks vaktydskrifte en onafhanklike publikasies op sy platform aanbied – in ’n aanlyn formaat gepubliseer. Die boek is dus vryelik beskikbaar vir enigeen wat dit aanlyn wil lees of ’n kopie daarvan wil aflaai. Kry jou kopie hier.

Die oorkoepelende vraag waaraan Africa’s digital future aandag gee, is of Afrikalande die versiendheid, hulpbronne en motivering het om die noemenswaardige krag te benut wat digitale tegnologieë inhou om hulle ekonomieë op volhoubare en inklusiewe maniere te transformeer.

Die boek bestaan uit 10 hoofstukke wat ’n wye verskeidenheid onderwerpe ondersoek wat sentraal staan tot Afrika se groei- en ontwikkelingsvooruitsigte –  industrialisasie, wêreldwye en streekswaardekettings, vervoer en logistiek, fasilitering van handel, arbeidsmarkdinamiek, indiensneming, onderwys, beleide en regulasies, en nog meer – alles deur ’n digitale lens beskou, met digitale handel wat die agtergrond vir verskeie van die hoofstukke vorm.

Hierdie hoofstukke is:

Hoofstuk 1: Headwinds and tailwinds in digital trade: Can Africa navigate the storm?

Hoofstuk 2: Economic development and industrialisation in the digital era: Where does Africa stand?

Hoofstuk 3: Can digital trade promote greater employment? Empirical evidence from Sub-Saharan Africa

Hoofstuk 4: Digital technologies, employment and labour-market polarisation in Africa

Hoofstuk 5: Leveraging global value chains and digital technologies to strengthen Africa’s industrial base

Hoofstuk 6: Mobilising tax revenues in the digital era: Challenges for Sub-Saharan Africa?

Hoofstuk 7: Digital technologies: Benefits for transport and trade facilitation in Africa

Hoofstuk 8: Protecting Africa’s digital future through effective regulation

Hoofstuk 9: Rethinking Africa’s education ecosystem: Why all economic sectors need to be digitally responsive

Hoofstuk 10: Turning theory into action: The power is in Africa’s hands

Ander handelskundiges wat hoofstukke vir die boek bygedra het, is prof Peet Strydom, dr Marie-Luce Kühn, dr Emmanuel Orkoh, prof Sonja Grater, prof Alwyn Hoffman en Biandri Joubert – almal lede van die uitgebreide navorsingsnetwerk van die NWU, die WHO se leerstoelprogram en die TRADE-navorsingsentiteit.

Die konstante binnedringing van outomatisasie, kunsmatige intelligensie (KI), wolkverwerking en ander digitale tegnologieë in mense se lewens het baie navorsingsbelangstelling regoor die wêreld gelok. Daar is egter (tot nou toe) slegs ’n paar publikasies wat die implikasies van digitalisering vir spesifiek Afrika, en wat lande op die vasteland moet doen om in die toekoms koers te hou, grondig en deeglik ondersoek het.

Africa’s digital future is onderhoudend geskryf en sal vir ’n wye gehoor toeganklik wees. Dit kombineer akademiese kundigheid met nadenkende beleidsverwante kommentaar, en beklemtoon die noodsaaklikheid daarvan dat Afrika sy toekoms realisties moet beskou, terwyl die verlede nie vergeet word nie. Die woord “action” in die titel se doel is om ’n gevoel van dringendheid oor te dra en te beklemtoon dat Afrika eienaarskap van sy eie toekoms moet neem om voordeel daaruit te kan trek.

Kry jou kopie van Africa’s digital future: From theory to action hier.

Vir meer inligting oor die publikasie, kontak vir prof Wilma Viviers by wilma.viviers@nwu.ac.za.

Submitted on Thu, 11/11/2021 - 11:05