Kundiges bespreek SA se huidige stand van sake

>

Suid-Afrika staan by ’n kruispad. Een pad lei na ’n ontwikkelende land wat deur voortgesette ekonomiese groei en stabiliteit gekenmerk word, terwyl die ander deurtrek is met politieke en ekonomiese onsekerheid. Die feit is egter steeds dat hierdie kruispad ’n kritieke punt in Suid-Afrika se geskiedenis verteenwoordig, met besluite met verreikende gevolge wat geneem moet word.

Hierdie kwessies, tesame met ander faktore op ’n mikro- en makrovlak, sal op Donderdag 1 Maart 2018 tydens die jaarlikse Alumni Sakeontbyt van die Noordwes-Universiteit (NWU) bespreek word.

Die jaarlikse netwerkgeleentheid, aangebied deur die Alumniverhoudinge-kantoor van die NWU se kampus in Vanderbijlpark, bring nie net alumni byeen nie, maar ook vriende van die universiteit, gemeenskapslede en verteenwoordigers uit die bedryf.

Hierdie jaar sal ’n paneel kundiges die lang verwagte Staatsrede (SONA) en die Nasionale Begrotingsrede debatteer. Die tema van die gesprek sal wees: “’n Beter blik op SA se sake van die dag”. Die paneellede sluit in: Max Boqwana (HUB, Thabo Mbeki Stigting), prof Danie Meyer (NWU, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe), prof Ilyayambwa Mwanawina (NWU, Fakulteit Regte) en Nkosi Duncan Mthembu (NWU nagraadse student in Politieke Wetenskap).

Bespreek jou tafel vandag

Kaartjies beloop R800 per tafel met 10 gaste (vir korporatiewe besprekings), of R80 per persoon. Die ontbyt sal op die Vanderbijlparkkampus by die Groot Lapa langs die rivier aangebied word. 

Vir meer inligting, of om jou plek te bespreek, kontak asseblief vir Zanele Ngobese per epos by zanele.ngobese@nwu.ac.za, of skakel 016 910 3250.

 

Submitted on Mon, 03/12/2018 - 09:27