GeeXpo 2018: begogel jou sinne en leef jou wetenskapfantasieë uit

Droom jy van ’n loopbaan in wetenskap en tegnologie? Indien wel, is die GeeXpo 2018 net vir jou! Teken Saterdag 13 Oktober in jou dagboek aan en maak seker dat jy aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se grootste jaarlikse wetenskap- en inligtingstegnologie-expo deelneem.

Wat GeeXpo so ’n onvergeetlike ervaring maak, is die feit dat dit baie meer is as ’n tradisionele praatjie en die oordra van inligting. Dit is wetenskap in aksie. Mense van skole regoor sentraal-Suid-Afrika sal die geleentheid hê om van naby en voor hulle oë te sien en ervaar hoe wiskunde en inligtingstegnologie nuwe en opwindende wêrelde van professionele geleenthede kan open.

Die gebeurtenis, wat vir die sesde keer sal plaasvind, word deur die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe op die kampus in Vanderbijlpark aangebied. Die doelwit hiervan is nie net die jongste tegnologiese neigings vertoon nie, maar ook om noodsaaklike vaardighede soos wiskundige vaardigheid, kritiese denke en probleemoplossing onder jong leerders aanmoedig.

Gedurende die GeeXpo sal leerders van so jonk as graad 7 deelneem aan verskeie wiskunde- en inligtingswetenskapverwante aktiwiteite soos ’n Praktiese Assesseringstaak- (PAT-) kompetisie, ’n Wiskunde-olimpiade, ’n robotika-uitdaging, ’n statistiekaanbieding en verskeie demonstrasies deur eenhede soos die Serious Games Institute of South Africa (SGI-SA), Robotics en die Apps Factory.

Volgens JT Terblanche, ’n dosent in die fakulteit en die koördineerder van die gebeurtenis, kan die belangrikheid van wiskunde en die wetenskappe nie genoeg beklemtoon word nie, aangesien hierdie vakke verpligtend is vir leerders wat op ’n aantal gebiede binne die BCom- en BSc-omgewing verder wil studeer. Hierdie gebiede speel ’n lewensbelangrike rol in die ondersteuning van die ekonomie en in die vestiging van Suid-Afrika as ’n mededingende en tegnologie-kundige land.

Een van die hoogtepunte en grootste trekpleisters van GeeXpo is die toekenning van akademiese beurse aan die wenners in die verskillende programkategorieë.

Vir meer inligting, kontak vir JT by 016 910 3259, of stuur ’n e-pos aan geexpo@nwu.ac.za.

 

 

Submitted on Fri, 10/19/2018 - 12:16