Covid-19 News

Nuwe boek ondersoek hoër onderwys in die lig van ’n pandemie

Die Covid-19-pandemie het verwoesting agtergelaat en die hoëronderwyssektor is nie gespaar nie. Dit is die gevolgtrekking waartoe ’n nuwe boek, getiteld Higher Education in the Face of a Global Pandemic, gekom het. Die mederedakteurs daarvan was prof Petronella Jonck van die Noordwes-Universiteit (NWU) en prof Emnet Tadesse Woldegiorgis van die…

NWU se visekanselier spreek joernaliste by die Nasionale Persklub se post-covid herbekendstelling toe

Die Nasionale Persklub (NPK) het op Donderdag 3 November sy post-Covid-19-herbekendstelling by die ikoniese Pretoriase Nasionale Botaniese Tuin gehou. Lede van die NPK sluit nuusjoernaliste, akademici, entrepreneurs en lede van die samelewing in. Besluitnemers en intellektuele wat die Suid-Afrikaanse diskoers bevorder, is ook lede.

BBP-syfers toon dat ekonomiese produksie feitlik weer op voorpandemievlakke is

Dit is baie bemoedigend dat die jongste baie-beter-as-verwagte syfers van die bruto binnelandse produk (BBP) vir die eerste kwartaal van 2022 ’n verdere sterk herstel in die ekonomie toon ná die ekonomiese terugslae van die Covid-19-inperkings en die wydverspreide onrus van Julie 2021.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die…

Covid-19-pandemie het Suid-Afrika se brose vrede verder laat verswak

In die nadraai van die Covid-19-pandemie het die uitsluiting van selfs nog meer Suid-Afrikaanse burgers van ekonomiese aktiwiteit die land se reeds brose vrede verder laat verswak.

Dit is een van die gevolgtrekkings waartoe Noordwes-Universiteit (NWU) akademikus dr Gideon van Riet, wat onlangs ’n artikel gepubliseer het wat op drie jaar…

Covid-19-tragedie is meer as net getalle

Getalle is deel van ons lewe. En hoewel ons dalk gevoelloos, afgesny en gedesensitiseer raak deur al die getalle waarmee ons daagliks gebombardeer word, mag ons nie daaraan gewoond raak nie. Ons mag nie uit die oog verloor wat dit beteken nie, verduidelik professor Alida Herbst, Direkteur van die Skool vir…

Inentings by NWU se uitreiksentrums nader die 10 000-mylpaal

Inentings by die Noordwes-Universiteit (NWU) se uitreiksentrums in Mahikeng en Potchefstroom nader die 10 000-merk. Die getal NWU-personeel, hulle gesinne en huishulpe, asook lede van die gemeenskap, het 9 845 inentings bereik sedert die eerste inentingsveldtog wat op die naweek van 16 Julie begin…

Kunstenaar se indrukke van Covid-19 en aardverwarming wen twee internasionale pryse

Die werklike waarde van kuns strek baie verder as die geldelike waarde daarvan. Die skoonheid daarvan kan ons stomslaan en die betekenis kan ons harte, gedagtes en siele aanraak vir geslagte nadat dit geskep is.  ’n NWU-alumnus se kunswerke het op meesterlike wyse sy “filmstrook”-indrukke van die staat van inperking,…

NWU benut osoontegnologie as kostedoeltreffende bestryder van Covid-19

Die Noordwes-Universiteit se navorsers en innoveerders werk aan oplossings om virusse, bakterieë en swamme, insluitende die koronavirus, op ’n groot skaal te vernietig.  Namate die Covid-19-pandemie voortgaan om verwoesting te saai, is snelwerkende, laekoste-oplossings vir ontsmetting noodsaaklik om die krisis die hoof te bied. Die NWU het…

Kweek hoop ten spyte van die wanhoop oor Covid-19

Die voortgaande effek wat Covid-19 op geestesgesondheid het, word regoor die wêreld gevoel, maar veral in Suid-Afrika noudat die pandemie ons land met ’n derde vlaag getref het. Ons het geliefdes, ons finansiële stabiliteit, van ons vryhede, ons sosiale interaksie, en ’n “normale lewe” waaraan…

Agter die skerms van ’n pandemie

“Dis ’n leerervaring sonder weerga.” Dit is hoe prof Petra Bester, direkteur van die Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR) by die Noordwes-Universiteit (NWU), die eenheid se blootstelling aan die binnewerking van Noordwes-provinsie se pogings om die Covid-19-pandemie hok te slaan, beskryf. In die vroeë dae van die…