Beursfonds-verteenwoordigers van ISFAP op ’n spesiale toer deur die NWU

Prof Bismark Tyobeka, hoof en visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), het op 18 November vir Morné du Toit, hoof- uitvoerende beampte, en Jethro Hill, IT-bedryfsbestuurder van die Ikusasa- finansiële hulpprogram vir studente (Ikusasa Student Financial Aid Programme, ISFAP) vir ’n strategiese bespreking en ’n spesiale toer van die Potchefstroomkampus ontvang.

ISFAP implementeer ’n unieke befondsingsmodel om op ’n volhoubare manier voorsiening te maak vir die hoëronderwysbehoeftes van Suid-Afrika se arm en middelklasstudente, hoofsaaklik studente wat loopbane wil volg waar daar ’n groot behoefte is. Hierdie beroepe sluit aktuarisse, rekenmeesters, ingenieurs, mediese dokters, aptekers, verpleegkundiges, datawetenskaplikes en prostetikusse in.

Studente uit middelklashuishoudings ervaar dikwels groot finansiële probleme, aangesien hulle nie vir befondsing deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) – wat net studente uit arm huishoudings help – kwalifiseer nie.

Die NWU en prof Tyobeka is dus ten volle daartoe verbind om maniere te vind om aandag aan die posisie van die “vermiste middelgroep” te gee en om befondsing vir studente te verkry. Die uitnodiging wat aan die bestuur van die ISFAP gerig is, was een so ’n inisiatief om bogenoemde doelwitte te bereik.

Prof Tyobeka het die besoek afgeskop met ’n toer na van ons vlagskipgeriewe en -inisiatiewe wat op die Potchefstroomkampus geleë is. Dit het met ’n werksete afgesluit om duidelike stappe te beplan om ’n reeks NWU-kwalifikasies by die ISFAP-portefeulje vir beurse vir 2024 ingesluit te kry.

Die toer het begin by van die geriewe van die nasionale waterbiotoetsing en X-straal-diffraksiegerief (XRD-gerief) asook die X-straalfluoressensiegerief (XRF-gerief). Daarna het hulle die Sentrum vir Farmaseutiese en Biomediese Dienste, die Pharmatech-laboratoriums by PharMaCen en die laboratorium vir analitiese molekulêre biologie besoek. Die toer het by die fynsteenkool-droëveredelingswanmasjien en die megatronika-werksruimte in die Fakulteit Ingenieurswese geëindig.

ISFAP se program het nie voorheen die NWU as teikenuniversiteit ingesluit nie en die doel van hierdie hoëvlakbesoek was om idees uit te ruil oor maniere om die geleenthede en die behoeftes van die NWU met die doelwitte van ISFAP te belyn sodat sy voetspoor, veral in Noordwes, uitgebrei kan word. Ben Zaaiman, die NWU se senior bestuurder vir Ontwikkeling en Fondsinsameling, sê dat die vergadering tussen die HUB en die VK ten opsigte hiervan ’n merkwaardige sukses was.

Meer oor ISFAP

ISFAP is gestig om ’n befondsingsmodel te verskaf om op ’n volhoubare manier vir die hoëronderwysbehoeftes en -uitgawes van Suid-Afrika se arm en middelklasstudente voorsiening te maak.

Volgens ISFAP wil hulle befondsingsprogram, wat in 2016 begin het, Suid-Afrika se vaardigheidsproduksie vir die 21ste eeu bespoedig deur uitgawes vir hoër onderwys te befonds, hoofsaaklik vir studente wat ’n loopbaan wil volg wat lei tot beroepe waar daar ’n groot behoefte is (occupations of high demand, OHDs). Hierdie beroepe sluit aktuarisse, rekenmeesters, ingenieurs, mediese dokters, aptekers en prostetikusse in.

Kandidate wat kwalifiseer, is Suid-Afrikaanse burgers wie se inkomste minder as R600 000 per jaar is.

ISFAP word deur groot bedryfsvennote ondersteun, en sluit Besigheidsleierskap Suid-Afrika, BASA, ASISA, die SAIGR, die FirstRand-stigting, Standard Bank, Nedbank, Citibank, Hollard, Inseta, Merseta and South 32 in.

ISFAP sê hulle hoop om uiteindelik hulle befondsingsbasis so uit te brei dat hulle vennootskappe met al 26 openbare universiteite in Suid-Afrika kan vorm.

ph

Pic 1

Jethro Hill, IT-bedryfsbestuurder van ISFAP, prof Bismark Tyobeka, hoof en visekanselier van die NWU, Morné du Toit, hoof- uitvoerende beampte van ISFAP, en Clement Manoko, NWU se uitvoerende direkteur vir  Korporatiewe Verhoudinge en Bemarking , tydens ISFAP se besoek aan die Potchefstroomkampus.

pic 2

Die toer begin in twee NWU-gholfkarretjies: Ben Zaaiman, hoof van Ontwikkeling en Fondsinsameling, is agter die stuur, prof Bismark Tyobeka (voor), saam met Morné du Toit en Clement Manoko.

pic 3

Jethro Hill, IT-bedryfsbestuurder van ISFAP, en Warren Makgowe, NWU se direkteur van Belanghebberverhoudinge.

Submitted on Tue, 11/29/2022 - 13:06