Wêrelklas teatergroep in Potchefstroom te sien

Johan Van Zyl -- Tue, 02/21/2017 - 10:58

Wêrelklas teatergroep in Potchefstroom te sien

Wêreldbekende vokale teatergroep, Carmina Slovenica, tree 21 Februarie om 19:30 op in Potchefstroom in die NWU Konservatoriumsaal. Hierdie groep, onder leiding van Karmina Šilec, is bekend vir hul innoverende skouspel. Carmina Slovenica smelt kontemporêre musiek, drama en beweging saam op die verhoog en blom met 'n kuns wat inspireer.{C}

Die aand sal geopen word deur die Noordwes Jeugkoor en die gehoor kan uitsien na ʼn medewerkende uitvoering aan die einde van die konsert deur die twee groepe. Beslis 'n aand wat nie misgeloop mag word nie!

Kaartjies teen R80/ R50 is beskikbaar by die Konservatorium in Thabo Mbeki-weg (tel. 018-299-1692), PUK-Kunste in die Heimatgebou (F9) op die universiteitskampus (tel. 018-299-2844), Protea Boekwinkel op die Bult (tel. 018-297-1583), aanlyn by www.artema.co.za en www.facebook.com/NWU.Music, of 30 minute voor die konsert by die loket.