Vrouemaand

Vrouemaandboodskap van prof Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU

Terwyl ons voorberei om Vrouemaand en Vrouedag op 9 Augustus te vier, kom ons bring hulde aan Suid-Afrikaanse vroue, en veral die vroue van die NWU, vir hulle unieke en waardevolle bydrae tot die universiteit en ons gemeenskappe. Die erkenning van vroue sal nie volledig wees sonder dat ons ons moeders en versorgers vereer nie – nie net onder ons personeel en studente nie, maar ook in die gemeenskappe wat ons omring. Hulle versorging is noodsaaklik vir ons oorlewing. Dankie dat julle op die voorpunt is om Suid-Afrika te transformeer en die wêreld inderdaad te omskep in ’n plek waar talent en vermoëns gekoester, aangemoedig en gevier word. Die NWU bring hulde aan julle.

Ontmoet 'n paar van ons ongelooflike #NWUVroue:


#NWUVroue in die nuus

Augustus is Vrouemaand en die Noordwes-Universiteit (NWU) is trots daarop om hul prestasies vir die volgende 31 dae te vier - alhoewel ons voel dat dit eintlik elke dag van die jaar gedoen behoort te word. Aan al ons moeders en susters, ons dogters en ons vriende, ons mentors en ons opvoeders, dankie dat julle voortdurend daarna streef om 'n toekoms te bou wat gevorm word deur 'n verbintenis tot die verbetering van alle lewens. By die NWU is 55% van ons personeel en 65% van ons studente vroulik. Dit is aan hulle toewyding en ondernemingsgees te danke dat die hart van hierdie wonderlike instansie kan aanhou klop.