Verenigde Nasies verwelkom prof Klaus Kellner

Belinda Bantham -- Thu, 10/11/2018 - 09:34

Verenigde Nasies verwelkom prof Klaus Kellner

Sy lys van eerbewyse hou aan groei. Prof Klaus Kellner is aangestel om as lid van die nasionale koördineringsliggaam van die Verenigde Nasies se Konvensie om Verwoestyning te Bekamp (UNCCD) in Suid-Afrika te dien.

Prof Kellner is van die Skool vir Omgewingswetenskappe en ‑ontwikkeling aan die Noordwes-Universiteit (NWU). Hy sal deel uitmaak van die span wat as koördineringsforum vir die voorbereiding, implementering en evaluering van die UNCCD se Nasionale Aksieprogram (NAP) sal dien.

Hy spog met het ’n verstommende lys prestasies, en hy het boonop ook ’n C-gradering van die Nasionale Navorsingstigting.

Sy kundigheid is op die gebied van plantegroeidinamika, met die klem op SLM-tegnologieë, Die tegnologieë is fisiese praktyke wat gronddegradering beheer, en produktiwiteit of ander ekosisteemdienste verbeter. Prof Kellner is ook ʼn kenner op die gebied van die impak van verwoestyning, gronddegradering en droogte (DLDD). Sy kundigheid fokus verder op die herstel van gedegradeerde weivelde in meestal dor en semi-dorstelsels, asook industrieel-beskadigde terreine.

“Dit is ’n groot eer vir prof Klaus, ons navorsingseenheid en ons fakulteit,” sê prof Nico Smith, direkteur van die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en ‑bestuur. 

 

Prof Klaus Kellner