Varsity Netbal: Moet-wen vir NWU

Belinda Bantham -- Fri, 09/21/2018 - 12:49

Varsity Netbal: Moet-wen vir NWU

Die Noordwes-Universiteit se Varsity Netbalspan gaan poog om die groepfase van hul toernooi op dieselfde nooit aft e sluit as die een waarmee begin het. Afrigter Elsunet du Plessis se span ht UJ 77-27 in die eerste ronde geklop en het sedertdien vier van hul ses kragmetings gewen.

Hulle beklee tans die vyfde posisie op die algehele punteleer met hul laaste wedstryd teen Kovsies op 24 September. Dit is ʼn moet-wen wedstryd vir die NWU wat hul laaste twee wedstryde teen onderskeidelik Maties en die Madibaz verloor het. ʼn Wen vir die NWU en ʼn wen vir Maties teen die Madibaz op Maandag sal beteken dat die NWU tot die uitspeelrondes deurdring. Tukkies meet kragte met UWC, maar dit is onwaarskynlik dat die Kapenaars ʼn opskudding teen die Pretorianers sal kan bewerkstellig.

In ander netbalnuus het Monique Dreyer die Protea-groep vir die Quad-reeks gehaal. Sy sluit haar aan by spanmaats Sigi Burger en Romé Dreyer. Dreyer is ook die Varsity Netbalspan-kaptein.