Uitslag van dissiplinêre verhoor

Marelize Santana -- Sat, 02/09/2019 - 11:28

Uitslag van dissiplinêre verhoor

Die NWU neem kennis van die uitslag van die dissiplinêre verrigtinge ten opsigte van huiskomiteelede in ’n manskoshuis op die Potchefstroomkampus. Die studente het na bewering versuim om hulle verantwoordelikhede na te kom op ’n wyse wat aan die etos van die Noordwes-Universiteit (NWU) voldoen. Die verhoor het op 8 Februarie 2019 plaasgevind.

Op grond van getuienis dat die Kampusstudenteraad na bewering ’n mondelinge waarskuwing aan lede van die huiskomitee uitgereik het, het die dissiplinêre komitee bevind dat die verrigtinge dubbele vervolging uitmaak, en daar is beveel dat die studente met onmiddellike effek in hulle posisies herstel word.

Die universiteit win regsadvies in en sal mettertyd verder reageer.