Die land is op Vrydag 1 Februarie 2019 geskok deur die nuus dat ’n loopbrug by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark ineengestort het.
Dewald Pieters is ’n man met ’n missie. Vir die pas aangestelde hoofafrigter van die Noordwes-Universiteit (NWU) Rugby-instituut: Vanderbijlpark bring 2019 nuwe geleenthede en die belofte van sukses.
In die tweede kwartaal van 2018 het vroue 43,8% van die totale werksmag – maar slegs 32% van alle bestuurders – uitgemaak. Prof Linda du Plessis, wat onlangs as adjunkhoof van die Noordwes-Universiteit (NWU) aangestel is, stel ʼn goeie voorbeeld en staan skouer aan skouer met haar manlike kollegas in die hoëronderwyssektor.
Die bestuur van die Noordwes-Universiteit (NWU) is tevrede met die proses van die registrasie van eerstejaarstudente regoor sy drie kampusse in Mahikeng, Potchefstroom en Vanderbijlpark. Die eerstejaarsteiken vir die 2019- akademiese jaar is 9 400 en meer as 7 000 studente het tot vandag toe reeds geregistreer. Die universiteit het net meer as 52 000 aansoeke vir die 2019- akademiese jaar ontvang.
Soos in die verlede sal die Noordwes-Universiteit (NWU) in 2019 weer uit sy nate bars met eerstejaarstudente. Net meer as 52 000 aansoeke is ontvang, waarvan net meer as 16 600 voornemende studente voorwaardelik aanvaar of aanvaar is.
Die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom het van opgewondenheid gegons toe 500 navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) die eerste tweejaarlikse konferensie oor navorsing en innovasie bygewoon het.
Potchefstroom-Wapad
Potchefstroom-PUKfm
Vaal Triangle - Student 24/7