Samsung help NWU om potensiaal in mag te omskep

Belinda Bantham -- Wed, 03/20/2019 - 09:13

Samsung help NWU om potensiaal in mag te omskep

Die bemagtiging van vandag se jeug deur in hul toekoms te belê, sal betekenisvolle verandering meebring wat potensiaal in mag sal omskep.

Dit is presies wat Samsung gedoen het toe dié wêreldwye tegnologiereus onlangs beurse ter waarde van R1 416 000 oorhandig het aan 19 studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat besigheid, bemarking en inligtingstegnologie studeer.

Die gebeurtenis is toepaslik “Bemagtig Môre” genoem, en stem ooreen met Samsung se wêreldwye missie om mense te bemagtig en hulle te help om hul aangebore potensiaal te ontdek en te ontwikkel.

Tydens die geleentheid het Samsung se Afrika-hoof, Sung Yoon, saam met verskeie verteenwoordigers van onderwysinstellings, die begin van beter vooruitsigte vir dié begunstigdes aanskou.

“Ons glo hierdie belegging sal help om die huidige vaardigheidstekort te verlig wat die land in die gesig staar – veral deur die regering se visie vir 2030,” het Hlubi Shivanda, Direkteur: Besigheidsinnovasiegroep en Korporatiewe Sake by Samsung Suid-Afrika gesê.

Volgens Clement Manoko, die NWU se uitvoerende direkteur van korporatiewe verhoudinge en bemarking, is toegang en sukses twee kritieke probleme waarmee hoëronderwysinstellings te make het. “Hierdie Samsung-borgskap sal help om die toegang te bevorder te hanteer, veral vir diegene wat nie staatsbefondsing ontvang nie. Ons het meer korporatiewe burgers soos Samsung nodig om aan boord te kom en studente in hoër onderwys te befonds om te verseker dat ons land mededingend bly.”

“Hierdie studente kan ’n betekenisvolle rol in die ontwikkeling en groei van ons land speel, en ook om hulle gesinne te bemagtig. Ons bedank Samsung dat hulle mense in staat stel  en onderwys prioritiseer om die volgende geslag te bemagtig.”

 

Bemagtig die leiers van môre. Links is Danie Hefer, die NWU se bestuurder vir sentrale beurse, saam met sommige van die NWU-studente wat beurse van Samsung ontvang het. Sung Yoon (regs), Samsung se hoof in Afrika, hou die tjek vas.