Phoenix jaag steeds die son

Belinda Bantham -- Wed, 09/26/2018 - 10:03

Phoenix jaag steeds die son

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se sonkar, Phoenix, het sy Sasol Solar Challenge-reis van meer as 4 000 km afgeskop. Phoenix spook saam met vier ander Suid-Afrikaanse spanne en mededingers uit Japan, Hong Kong, Nederland en Switserland sake uit.

Phoenix is tans in die algehele sesde posisie ná die span net sowat 21,8 km Maandag, 24 September 2018, kon aflê. Hopelik sal hulle geluk vinnig draai. Sterk winde en bewolkte omstandighede, tesame met Erfenisdagverkeer het die spanne gekniehalter.

Die res van die roete lyk soos volg:

25 September: Gariep Dam – Middelburg – Graaff-Reinet

26 September: Graaff-Reinet – Jansenville – Port Elizabeth

27 September: Port Elizabeth – Kareedouw – Sedgefield

28 September: Sedgefield – Mossel Bay – Swellendam

29 September: Swellendam – Bredasdorp – Cape Agulhas – Stellenbosch

Volg die Phoenix se vordering hier: https://www.ctrack.com/za/solar-challenge/