PhD-gegradueerde se navorsing poog om gesondheid van Tswana-bok te verbeter

Marelize Santana -- Thu, 08/29/2019 - 16:00

PhD-gegradueerde se navorsing poog om gesondheid van Tswana-bok te verbeter

Dieregesondheid en -produksie is gewoonlik ’n uitdaging in Suid-Afrika se landelike gemeenskappe, en veral onder Tswana-bokboere in Noordwes. Daarom is Mpho Tsheole, ʼn tegnikus en onlangse PhD-gegradueerde van die Noordwes-Universiteit (NWU), vasbeslote om ’n oplossing te vind.

Mpho het navorsing gedoen oor die effek van byvoeding in die vorm van proteïen op die groei en reproduktiewe gesondheid van Tswana-bokke.
 
As inheemse ras kan die Tswana-bok, volgens goatworld.com, as ’n veelkleurige, mediumgrootte ras met lang slap ore, ’n kort growwe haarstruktuur en meestal met ’n baard en horings, geklassifiseer word.

Hulle aangepaste eienskappe, soos voedingsgedrag en siekte- en hittetoleransie, stel hulle in staat om in omgewings te oorleef wat van nature droog is.

In haar vorige studies het Mpho gevind dat bokke, wat as die “arm man se beeste” beskou word, hoofsaaklik vir vleis gebruik word en vir die doeleindes van rituele verkoop word.

In hierdie studie het die bokke verskillende konsentrasies proteïen ontvang om vas te stel wat die impak van proteïenaanvulling op die bokke se aanteelvermoë, gesondheid, en bloed- en hormonale parameters het.

Mpho sê dat sy hoë vlakke van dieetproteïenaanvullers gebruik het om die vlakke van progesteroon by die bokke in die studie aan te vul.

Proteïenaanvullers beïnvloed die geboorte van tweelinge
 “Die liggaamsgewig wat in die studie aangeteken is (in al drie die behandelingsgroepe) het namate swangerskap gevorder het tot met die geboorte met van 1,40 kg tot 9,46 kg toegeneem,” sê sy. “Die hoë vlakke van dieetproteïen het die vlakke van bloedprogesteroon, liggaamsgewig en ander bloedmetabolietparameters beïnvloed.”

 “Ten spyte van die koste van die bron van die proteïen in die dieet van diere, het hierdie navorsing my laat besef dat die Tswana-bok met die minimum aanvulling van energie en proteïen meer produktief geteel kan word en die lewens van opkomende boere kan verbeter,” sluit Mpho af.

 

Mpho Tsheole is ‘n onlangse PhD-gegradueerde van die NWU. Saam met haar tydens haar gradeplegtigheid is Franco Nkoana.