Openbare Beskermer besoek die NWU

Belinda Bantham -- Fri, 09/21/2018 - 12:25

Openbare Beskermer besoek die NWU

Die Noordwes-Universiteit (NWU) was die derde stilhouplek by ’n tersiêre-onderwysinstelling tydens die openbare beskermer se onlangse veldtog.

Adv Busisiwe Mkhwebane het tydens haar besoek aan Noordwes met studente en bestuurslede vergader.

Van die kwessies wat deur die bestuur geopper is, het die beoogde nuwe taalbeleid en toegang tot taal, genderbewustheid, studentefinansiering (veral NSFS), en die veiligheid van studente op die kampus ingesluit.

Adv Mkhwebane het haar sessie met die studente gebruik om hulle vrae te beantwoord, en veral aandag gegee aan elkeen wat ’n kwessie geopper het.

Sy het egter beklemtoon dat studente nie aan gewelddadige betogings moet deelneem om hulle bekommernisse te deel nie, maar om die beskikbare stelsels te gebruik om klagtes te lê. Sy het hulle ook daaraan herinner dat die openbare beskermer die laaste uitweg is, en dat dit teenproduktief is om haar kantoor met sake te oorspoel as dit hanteer kan word deur bestaande stelsels te gebruik.

 

 Die openbare beskermer, adv Busisiwe Mkhwebane, ontvang ’n geskenk van mnr Clement Manoko, die uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking.

 Die openbare beskermer, adv Busisiwe Mkhwebane, ontvang ’n geskenk van mnr Clement Manoko, die uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking.

 Die senior bestuur van die NWU en gaste wat deur die openbare beskermer tydens haar besoek aan die NWU toegespreek is. Agter is prof Awie van Wyk (dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe), mnr Clement Manoko (uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking), prof Lumkile Lalendle (uitvoerende direkteur vir studentelewe), mnr Komani Maneli (raadslid van die JB Marks munisipaliteit), prof Rikus Fick (direkteur vir studentelewe in Potchefstroom), me Elmarie de Beer (uitvoerende direkteur vir finansies en fasiliteite), mnr Kgalalelo Masibi (PP-kantoor) en me Schele Keebine (PP-kantoor). Voor is prof Liezl van Dyk (dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese), prof Robert Balfour (adjunk-visekanselier vir onderrig en leer), adv Busiswe Mkhwebane (openbare beskermer) en prof Marilyn Setlalentoa (adjunk-visekanselier vir gemeenskapsbetrokkenheid en kampusbedrywighede in Mahikeng).