NWU vereer prof Monica Ferreira met ʼn eredoktorsgraad

Marelize Santana -- Fri, 05/17/2019 - 14:12

NWU vereer prof Monica Ferreira met ʼn eredoktorsgraad

Prof Monica Ferreira is op 22 Mei 2019 deur die Noordwes-Universiteit (NWU) met ’n eredoktorsgraad vereer as die mees prominente eerstegenerasie-voorstander van navorsing en die ontwikkeling van ’n beleid oor veroudering in Afrika.

Sy is genomineer deur die Fakulteit Geesteswetenskappe vir haar omvattende baanbrekerswerk op hierdie gebied in Afrika en internasionaal.

Die NWU het prof Ferreira vereer vir haar fokus op die uitdagings ten opsigte van die veroudering van die bevolking in die ontwikkelde sowel as die ontwikkelende wêreld, insluitende Afrika. Haar doelwit is gestel op intergenerasie-gelykheid en -geregtigheid, met spesifieke verwysing na die verspreiding en toewysing van bronne.

Prof Ferreira se voorspraak ten opsigte van ’n paradigmaskuif om die bydraes van ouer persone as waardevol te beskou, veral in Suid-Afrika, insluitende belangrike aspekte soos pensioene vir ouer persone, kinders en kleinkinders wat met MIV/Vigs besmet is, word erken.

’n Gedeelte van prof Ferreira se uitgebreide werk sluit in die stigting van die nasionale navorsingprogram oor veroudering deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing in Pretoria in 1984. Dit was die eerste gekoördineerde navorsingspoging oor veroudering in Suid-Afrika.

Talle publikasies het as gevolg van hierdie program verskyn, insluitende die geredigeerde weergawe van maatskaplikenavorsingsreferate oor veroudering in Suid-Afrika deur Ferreira, Gillis en Moller in 1989.

Prof Ferreira is in 1991 as die eerste direkteur van die program oor veroudering aangestel toe dit tot die ontstaan van die RGN/UK-sentrum vir gerontologie aan die Universiteit van Kaapstad gelei het.

Sy is ook die stigter van die uiters invloedryke Southern African Journal of Gerontology (1992–2001), wat navorsing oor veroudering in Afrika op die internasionale kaart plaas. Die sentrum staan vandag bekend as die Albertina en Walter Sisulu Instituut van Veroudering in Afrika, en is in die mediese departement aan die Universiteit van Kaapstad geleë.

Prof Ferreira het in die 2000’s ’n uitvoerige bydrae tot wêreldwye netwerking deur gerontoloë en organisasies en die Pan-Afrikaanse beleid oor veroudering gelewer, en sy het ook ’n prominente rol as konsultant by die Verenigde Nasies en die Wêreldgesondheidsorganisasie gespeel.

Prof Ferreira is betrokke as lid van die VN se tegniese komitee vir die opstel van die Madridse internasionale plan van aksie oor veroudering van 2002 (Madrid International Plan of Action on Ageing 2002), wat gelei het tot die Older Persons Act in Suid-Afrika, en tot die Afrika-Unie se kundige groep vir die opstel van die AU se beleidsraamwerk en aksieplan oor veroudering (AU Policy Framework and Plan of Action on Ageing) in 2003.

Sy het as adviseur vir die internasionale instituut oor veroudering (International Institute on Ageing, INIA) gedien, en was betrokke by die opstel van die internasionale vereniging van gerontologie en geriatrie se wêreldwye navorsingsagenda oor veroudering (International Association of Gerontology and Geriatrics Global Research Agenda on Ageing), en ook by die opstel van Afrika-streek se navorsingsagenda. Prof Ferreira het uitvoerige bydraes gelewer tot die direksie van die internasionale netwerk vir die voorkoming van die mishandeling van ouer persone (International Network for the Prevention of Elder Abuse, INPEA), asook tot die paneel oor veroudering in ontwikkelende lande van die internasionale unie vir die wetenskaplike studie van bevolkings (Panel on Ageing in Developing Countries of the International Union for the Scientific Study of Population).

Prof Ferreira was ’n stigterslid van die netwerk vir navorsing oor veroudering in Afrika (African Research on Ageing Network, AFRAN) wat deur die Verenigde Nasies onderskryf word en in 2005 gestig is. Sy was aan die hoof van die enigste internasionale sentrum oor langslewendheid (International Longevity Centre, ILC) in Afrika. As ere-voorsitter van die ILC lewer sy steeds ʼn aktiewe bydrae nadat sy saam met die barones Sally Greengross in die VK as medevoorsitter van die wêreldalliansie (Global Alliance) gedien het.

Prof Ferreira was instrumenteel in die opstel van die gids vir navorsing oor veroudering in Afrika (Directory of Research on Ageing in Africa) (1995-2003), en het as opvolgerdirekteur van navorsing oor veroudering in Afrika gedien (2004–2015). Sy is bekend vir haar direkte aanslag in haar navorsing en publikasies en ook vir haar intellek en toegewyde leiding aan jong navorsers en haar weldeurdagte menings oor navorsing oor veroudering in Afrika.

Prof Ferreira se verskeie buitengewone prestasies sonder haar uit as een van die mees noemenswaardige figure in haar veld op die vasteland. As die eerste persoon wat ’n onderontginde veld betree het, het sy bewys dat sy hierdie eer waardig is, aangesien haar fokus die ontwikkeling van relevante en uitnemende navorsing in Afrika beklemtoon sodat geregtigheid vir die weerloses verkry kan word.

Die NWU onderskryf hierdie gewaardeerde temas en navorsing wat prof Ferreira onderneem het en beskou dit as ’n groot eer om aan haar die eredoktorsgraad toe te ken. Sy het bygedra om die NWU te vestig as een van die prominentste tersiêre-onderwysinstellings in Afrika wat die maatskaplike aspekte van navorsing oor veroudering hanteer.

Prof Monica Ferreira