NWU skep bewustheid op Wêreld Diabetesdag

Belinda Bantham -- Mon, 12/04/2017 - 11:14

NWU skep bewustheid op Wêreld Diabetesdag

Met 318 miljoen mense regoor die wêreld wat die gevaar loop om tipe 2-diabetes te ontwikkel, het die Noordwes-Universiteit (NWU) se Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR) dit goedgedink om op Wêreld Diabetesdag* mense daarvan bewus te maak.

AUTHeR, saam met Dis-Chem Pharmacy, die Departement van Gesondheid, die Hartstigting, en die NWU se Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding het op 14 November ’n bewusmakingsveldtog by die MooiRivier Mall in Potchefstroom van stapel gestuur.

Die veldtog was ’n sukses en 'n groot getal mense het aan die geleentheid deelgeneem. Lede van die publiek het die geleentheid gehad om hulle bloedglukose- en bloeddrukvlakke gratis te laat toets. Hulle het ook raad ontvang oor hoe om voorkomende maatreëls te tref sodat hulle nie diabetes ontwikkel nie, en hoe om vir hulleself te sorg indien hulle reeds daarmee gediagnoseer is.

Inligting oor die korrekte voedselporsies, hoe om beter besluite oor jou gesondheid te neem, wenke oor oefening en toetsing vir ander siektes deur die Departement van Gesondheid is ook op daardie dag gegee.

*Wêreld Diabetesdag word jaarliks op 14 November gehou. Dit internasionale tema vir hierdie jaar was “Vroue en diabetes – ons reg op ’n gesonde toekoms”.

Lede van die die Noordwes-Universiteit (NWU) se Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR), ander belanghebbers en gemeenskapslede tydens die Wêreld Diabetesdag-veldtog