NWU se Mafikengkampus onderteken MvV met nywerheidsreus MINTEK

Gregory Sekobotsane -- Thu, 10/16/2014 - 14:28

NWU se Mafikengkampus onderteken MvV met nywerheidsreus MINTEK

Die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het op 9 Oktober 2014 'n Memorandum van Verstandhouding (MvV) met MINTEK onderteken, met 'n uiteensettingvan die basis vir potensiële wetenskaplike en tegniese samewerking.

Die vennootskap is vir die doeleindes van navorsing, ontwikkeling, opleiding, die uitruil van wetenskaplike en tegniese kennis, die aanvulling van wetenskaplike en tegniese vermoëns, en die oordrag van tegnologie op die gebied van die chemiese, biologiese, biotegnologiese, biomediese, materiaal-, landbou-, nano- en rekenaarwetenskappe, sowel as metallurgiese en mineraalprosessering en veredeling.

“Innoverende samewerking wat navorsing in wetenskap, landbou en tegnologie bevorder, is een van die sleutelkomponente van MINTEK se oorkoepelende navorsings- en ontwikkelingstrategie. Ons hoop dat hierdie vennootskap met die NWU mettertyd sal lei tot wetenskaplike vooruitgang in Suid-Afrika en verder. Ons salueer die Suid-Afrikaanse regering vir die skep van 'n omgewing wat investering in innoverende navorsing aanmoedig en beloon,” sê dr Makhafola.

“Ons is dankbaar vir die maatskappy se belegging en bereidwilligheid om 'n vennootskap met die Universiteit aan te gaan. Ons is veral entoesiasties oor die mylpale wat ons kan bereik op die gebied van wetenskap, landbou en tegnologie wat so relevant is vir ons Suid-Afrikaanse samelewing,” sê prof Maselesele.

Hierdie ooreenkoms getuig van die innoverende gees wat beide vennote kenmerk. MINTEK glo dat dieper en sterker samewerking die sleutel is tot die bespoediging van die omskepping van wetenskap in innoverende navorsing. Die maatskappy se wêreldwye navorsings- en ontwikkelingsorganisasie is verbind tot die bevordering van nuwe vennootskapsmodelle met kreatiwiteit, buigsaamheid, en openheid om innovasie vinnig af te lewer, ongeag van waar die talent en hulpbronne hulself bevind. Dit sluit in samewerking met verskeie histories agtergeblewe universiteit ter aflewering van meer wetenskap-, landbou- en tegnologiegraduandi vir die groeiende Suid-Afrikaanse samelewing.