NWU-navorsingboek bespreek rassisme, xenofobie en ongelykheid

Belinda Bantham -- Tue, 02/06/2018 - 10:41

NWU-navorsingboek bespreek rassisme, xenofobie en ongelykheid

Navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Teologie het onlangs ʼn navorsingsboek, Togetherness in South Africa, die lig laat sien. Hierin word godsdienstige perspektiewe oor rassisme, xenofobie en ekonomiese ongelykheid bespreek.

Die sinopsis op die agterblad beskryf die boek as 'n omvattende kritiek op rassisme en sy wydverspreide, vernietigende gevolge in Suid-Afrika se geskiedenis. Die boek is geskryf vanuit 'n Gereformeerde perspektief en sy outeurs besin oor belangrike Bybelse en teologiese temas, insluitende die rol van die kerk.

Die tien hoofstukke is deur prof Koos Vorster, prof Nico Vorster en prof Jan du Rand geredigeer en deur die akademiese uitgewers, Aosis, gepubliseer. Deelnemers aan die boek is van die NWU en ander universiteite.

Dr Marichen Ann van der Westhuizen van die Departement van Maatskaplike Hervorming van die Hugenote Kollege op Wellington beskryf die as ʼn “dapper”- en “oop”-boek wat onderwerpe aanraak waaroor mense op voetsoolvlak dink. Sy glo dit is tyd vir die geloofgemeenskap – as rolspeler in die samelewing – om die debat te betree en leiding te gee vir die pad vorentoe.

Die boek is gratis beskikbaar by www.books.aosis.co.za

Byskrif: So lyk die omslag van die boek, Togetherness in South Africa.

So lyk die omslag van die boek, Togetherness in South Africa.