NWU embraces Black Monday

Belinda Bantham -- Wed, 09/11/2019 - 10:02

NWU ondersteun Swart Maandag

Op Maandag 9 September het die Noordwes-Universiteit (NWU) verenig om nee te sê vir gendergebaseerde geweld.

Van Mahikeng tot Potchefstroom tot Vanderbijlpark het personeel en studente onomwonde saamgestaan en Swart Maandag saam met hul landsgenote ondersteun.

Al drie kampusse het verskeie aktiwiteite aangebied.

Op die kampus in Mahikeng het verrigtinge met ʼn solidariteitstap afgeskop, gevolg deur toesprake deur die voorsitter van die Studentekampusraad, Theo Seepamore, en prof Marilyn Setlalentoa, die adjunk-visekanselier vir gemeenskapsbetrokkenheid en kampusbedrywighede.

Prof Daryl Balia, adjunk-visekanselier vir kampusbedrywighede, en dr Corrie Rheeder, kampusdirekteur vir studentelewe, het op die kampus in Potchefstroom personeel en studente toegespreek. Mnr en Mej Kampus het ook hul stemme laat hoor.

Verrigtinge op die kampus in Vanderbijlpark het toesprake deur die voorsitter van die Studentekampusraad, Teboho Siziba, en prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier vir beplanning en kampusbedrywighede, ingesluit. Personeel en studente is ook met ʼn poësie-sessie vermaak.

Nog meer van belang was dat elke kampus ʼn belofte om gendergebaseerde geweld teen te staan, onderteken het.

Die NWU is trots daarop om aan ʼn inisiatief soos Swart Maandag te kon deelneem en ondersteun pogings soos hierdie heelhartig.

 

Op Maandag 9 September het die NWU saamgestaan en nee gesê vir gendergebaseerde geweld.