NWU bring onderrig tot reg voor jou deur

Belinda Bantham -- Thu, 11/01/2018 - 09:51

NWU bring onderrig tot reg voor jou deur

Die Noordwes-Universiteit (NWU) glo dat afstand nooit ’n struikelblok vir onderrig moet wees nie. Dit is waarom, as ’n poging om onderrig tot reg voor jou deur te bring, die Eenheid vir Oop Afstandsleer van die NWU onlangs twee kantore in Namibië geopen het.
Die NWU is trots daarop dat hulle gehalte-onderrig kan bied aan die meer as 1 500 Namibiese studente wat tans vir die oop-afstandsleerkursusse ingeskryf is. Die nuwe kantore is in Windhoek by die Old Power Station-sentrum en in Ongwediva in die noorde geleë, en hulle help om registrasie en akademiese ervaring vir hierdie studente glad te laat verloop.
 
Die NWU se uitgebreide teenwoordigheid in Windhoek sal ook nuwe en voornemende studente bystaan wat deur middel van oop afstandleer wil studeer, en wil hulle graag help met hulle aansoeke of wanneer hulle inligting en leiding nodig het.
 
Vyf personeellede bestuur die administrasie en logistiek van die eenheid, asook die bemarking van die programme. Die kantore is ten volle toegerus met internetverbindings en diensstasies waar studente by die NWU se webwerf kan aanteken om materiaal af te laai of aanlyn aansoek te doen.
 
NWU oorbrug die gaping
 
Hoewel die NWU al jare lank afstandsleer aanbied, veral vir onderwysstudente, is die Eenheid vir Oop Afstandsleer in 2012 formeel gestig om hierdie dienste uit te brei. Hierdie eenheid verskaf kwaliteitprogramme op verskeie studiegebiede aan die amper 30 000 studente wat plaaslik en internasionaal woon.
 
Afstandsleer is die ideale oplossing vir studente wat nie voltyds by ’n universiteit kan inskryf nie. Programme word aangebied deur geskeduleerde witbord-kontakgeleenthede wat afgelaai kan word. Die jongste sagteware word by registrasie verskaf.
 
Die eFundi-leerbestuursplatform word vir maklike kommunikasie tussen dosente en studente gebruik.  Hierdie elektroniese platform stel studente in staat om op hulle eie tyd, teen hulle eie tempo en in die gemak van hulle eie huise te studeer, en indien hulle werk, om steeds ’n inkomste te verdien terwyl hulle leer.
 
Studente wat nie toegang tot ’n rekenaar het nie, kan ook klasse bywoon by een van die studente- ondersteuningsentrums wat met rekenaars en Wi-Fi toegerus is. Studente-ondersteuningsentrums is in Windhoek, Ongwediva, Rundu en Katima Mulilo geleë.
Die volgende grade, diplomas en sertifikate word aangebied: Onderwysprogramme: Gevorderde Sertifikaat in Onderwys (ACT)
Gevorderde Diploma in Onderwys (ADT) Gevorderde Diploma in Opvoedkunde (ADE) Graad R-diploma
BEd en BEd Honneurs
 
In ander vakgebiede bied die eenheid ’n BA-graad in Teologie, ’n BA-graad in Publieke Bestuur met Polisiepraktyk, ’n BSc in Inligtingstegnologie, ’n nagraadse Diploma in Bestuur, en programme vir universiteitsvoorbereiding aan.
Vir meer inligting besoek die eenheid se webwerf by www.distance.nwu.ac.za, of kontak een van ons bemarkers: Chris Ngalandgii by 081 6692667 (noorde) of Ignatius Geingob by 081 844 0204 (Windhoek).
Navrae: Koos Degenaar, Bestuurder: Afstandsleerwerwing, Bemarking en Studentewerwing, NWU: 079 59 8283
 
 
 Prof Fika Janse van Rensburg, adjunkhook: NWU en adjunk-visekansier: Potchefstroomkampus open die Eenheid vir Oop Afstandsleer se kantoor in Windhoek. Saam met hom is me Shola Smit, departementshoof: SALA Namibië (regs) en Prof Marlene Verhoef, registrateur van die NWU.