NWU Besigheidskool stap vir kanker

Belinda Bantham -- Mon, 03/12/2018 - 09:14

NWU Besigheidskool stap vir kanker

Die span van die Noordwes-Universiteit se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur  het die universiteit se naam hooggehou tydens die jaarlikse Cansa Relay for Life wat op 3 Maart 2018 by die Joolplaas in Potchefstroom plaasgevind het.

Die span, wat uit personeel, studente en alumni bestaan het, het met entoesiasme aan die aktiwiteite deelgeneem en hul talle rondtes om die baan afgelê ter ere van diegene wat die stryd teen kanker stry. Die laaste rondte om die baan, wat om middernag plaasgevind het, was in herinnering aan almal wat die stryd teen hierdie gevreesde siekte verloor het.

“As ʼn besigheidskool is dit belangrik om op verskeie terreine in die gemeenskap betrokke te wees, en ons beoog om in 2018 op bestaande projekte voort te bou,” sê prof Fulufhelo Netswera, die direkteur.

 

 Die NWU se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur het onlangs die Cansa Relay for Life ondersteun. Agter van links is Johan Jordaan, prof Stephan van der Merwe, dr Micky Josipovic en prof Ronnie Lotriet. Voor van links is Marilize Minné, prof Fulu Netswera, Elma Senekal, Anthea Gaanakgomo en Retha Scholtz.