Toe en nou: die kontras in die lewensomstandighede van mynwerkers
In stampvol klein kamertjies in hostelle vir dieselfde geslag, weg van hulle lewensmaats of gesinne, en sonder behoorlike toegang tot water, elektrisiteit of sanitasie, het Suid-Afrikaanse mynwerkers vroeër in haglike toestande geleef. ’n Navorsingstudie van die Noordwes-Universiteit (NWU) toon dat die situasie van mynwerkers by Impala Platinum in Rustenburg vandag drasties verbeter het, hoewel daar steeds uitdagings is.