Ná die suksesvolle afsluiting van Kgotla Katlego Masibi se eerste navorsingsverslag oor die elektrochemiese eienskappe van koolstofnanobuise, “Electrochemical properties of carbon nanotubes/PANI/metal oxide nanoparticle nanocomposites towards electrocatalysis of some organochlorine pesticides”, is Kgotla hard aan die werk aan ’n tweede referaat nadat hy verlede jaar sy MSc-graad behaal het.
Wat navorsing betref, is die bevindings net so sterk soos die ontleding van die data. As ’n navorser die statistiese ontleding goed doen, sal die navorsing tot voordeel van die samelewing wees. Indien nie, is ’n geleentheid verlore.
Geen toegewings kan gemaak word wanneer dit by die gehalte van medisyne kom nie. Dit is waarom die Noordwes-Universiteit (NWU) se Navorsingsinstituut vir Industriële Farmasie®, waarby CENQAM® geïnkorporeer is, deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) as vennoot vertrou word.
Navorsing kan ’n baie eensame aktiwiteit wees en niks kom by kontak met eendersdenkende vakkundiges om ’n navorser te motiveer en te stimuleer nie. Die voordele om met medenavorsers kontak te hê, is duidelik bewys by die eerste tweejaarlikse Navorsing en Innovasie-konferensie van die Noordwes-Universiteit (NWU), wat verlede jaar van 27 tot 29 November gehou is.
Diegene wat die voorreg het om ʼn kind in die lewe te bring, wil tog seker maak dat hul baba die beste moontlike gesondheidsorg ontvang en dat abnormale gesondheidskwessies so gou moontlik gediagnoseer en aangespreek word indien dit sou voorkom.
Die Sanlam Ouditorium op die kampus in Potchefstroom het van opgewondenheid gegons toe 500 navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) die eerste tweejaarlikse konferensie oor navorsing en innovasie bygewoon het.
Potchefstroom-Wapad
Potchefstroom-PUKfm
Vaal Triangle - Student 24/7