Grade moet méér wees as blote lisensies vir hoop

Belinda Bantham -- Wed, 08/28/2019 - 08:49

Grade moet méér wees as blote lisensies vir hoop

Michelle Groenewald is ’n akademikus op ’n missie om ’n impak te maak. As dosent in ekonomie aan die Noordwes-Universiteit (NWU) glo sy daarin dat kurrikulumhervorming ’n leierskapsprioriteit vir alle rolspelers in hoër onderwys moet wees.

Tydens die onlangse NWU Leierskapsberaad het Michelle by verskeie ander hoëprofielsprekers uit die sake-, bedryfs- en regeringsektor aangesluit om oor leierskapsuitdagings in Suid-Afrika te beraadslaag. 

Volgens Michelle kan opvoeding alleen nie as die alfa en die omega beskou word wanneer dit by leierskapsintervensie kom nie, maar moet dit met indiensneming gepaard gaan.

Laasgenoemde is egter ’n geweldige uitdaging in Suid-Afrika, met 27,7% burgers van werkende ouderdom was as werkloos geklassifiseer word. Dit kom op 6,2 miljoen Suid-Afrikaners neer.

Tyd vir kurrikulumhervorming het aangebreek

Tydens haar aanbieding het Michelle gesê dat daar nog nooit ’n meer toepaslike tyd vir Suid-Afrikaners was om van die leierskapsleemte werk te maak nie, en dat al die lede van die samelewing ’n rol het om te vervul. Sy het verduidelik dat haar rol as lid van die akademie is om leergeleenthede te optimaliseer en nuwe maniere te vind om kennisdeling en die verkryging van kennis te implementeer.

“Ek glo dat die jong denkers wat ons in ons lesingsale teëkom die toekomstige leiers van ons land en ons vasteland is, en dat ons alles in ons vermoë moet doen om hulle te bemagtig om met nuwe, beter en kragtiger idees vorendag te kom,” het sy verduidelik.

In haar benadering om die kurrikulum te transformeer, glo Michelle dat ’n nuwe interpretasie van wat kurrikulumhervorming omvat, ontwikkel moet word. Sy is dus teen die politieke interpretasie wat alle kennis van die Weste wil negeer, en in plaas daarvan kies sy ’n situasie waar die vraag nie is “dit óf dat” nie, maar eerder “dit én dat”.

Sy het ook die belangrikheid daarvan om iets in die sfeer van hoër onderwys te herleer verduidelik. Hierdie gedagtegang is gegrond op die bestaan van veelvuldige “kenniswyses” en werk die siening van ’n enkele superieure kennisbron teë.

Drie vrae om rigting te gee

Volgens haar moet kurrikulumhervorming aan studente die ruimte bied om meer te doen as om bloot teorieë te memoriseer. Sy stel drie oorwegings voor wanneer kurrikulumhervorming oorweeg word:

  1. Wie onderrig ons?

Dit is ’n belangrike vraag aangesien ekonome, soos in haar geval, na unieke Suid-Afrikaanse ekonomiese realiteite moet kyk, soos stokvelle, die effek van lobola op die ekonomie, en die realiteite van informele ekonomieë. Hierdie faktore speel nie in die wêreldekonomie ’n rol nie, en moet weer binne die Suid-Afrikaanse konteks beskou word.

  1. Hoe onderrig ons?

Michelle is van mening dat studente aktiewe medeskeppers van die kurrikulum moet wees en dat akademici hierdie proses moet fasiliteer, nie net ten opsigte van die dekonstruksie van kennisbronne nie, maar ook in die konstruksie van nuwe inhoud.Michelle gesê het:

  1. Wat onderrig ons?

Hoewel sy in die teorieë en modelle wat in tradisionele handboeke vervat is glo, is Michelle oortuig dat akademici voortdurend die grense van die verkryging van kennis moet verskuif. Hierdeur, en deur proaktief verskillende sienings en realiteite ter sprake te bring, glo sy dat universiteite sal bydra tot die ontwikkeling van invloedryke sosiale wetenskaplikes wat innoverende oplossings vir huidige uitdagings sal bied.

Ter afsluiting het sy die gehoor aangemoedig om steeds by lewendige debat rondom die kwessies van leierskap betrokke te raak, maar gewaarsku dat optrede uiteindelik die land se pogings om die huidige leierskapsleemte te oorbrug, sal bepaal.

“Die tyd het aangebreek dat ons almal meer moet doen en sodoende die jeug bemagtig om meer te doen as om net op ’n beter toekoms te hoop,” het Michelle gesê.

Michelle Groenewald.