Genderbewustheidsweek ondersoek nuwe dinamika

Belinda Bantham -- Fri, 09/06/2019 - 09:43

Genderbewustheidsweek ondersoek nuwe dinamika

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se genderbewustheidsweek (GAW) het onlangs afgesluit, en net soos soortgelyke projekte soos die Konfrontering van Ras-week, het dit ’n diepliggende impak gemaak op almal wat die verskillende geleenthede bygewoon het.

GAW is deur die Fakulteit Teologie aangebied, en het ’n menigte gebeurtenisse op al drie NWU-kampusse ingesluit.

Die doel van hierdie week was om van die belangrikste sosiale kwessies van ons tyd te hanteer. Dit is gedoen deur inklusiwiteit in ’n omgewing wat bevorderlik is vir debat aan te moedig, nuwe idees uit te ruil, introspeksie te doen en ’n beter begrip oor genderdinamiek te skep.

Die gebeurtenisse het kunsuitstallings, interaktiewe seminare, werkswinkels oor gender- en seksualiteitsdiversiteit en veel meer ingesluit.

GAW het getoon dat ’n bereidwilligheid om wedersyds oor belangrike sosiale en samelewingskwessies te kommunikeer van die uiterste belang is in die skepping van ’n inklusiewe samelewing.

Dié week het gewys dat net soos verskille mense kan verdeel, dit ons ook kan verenig.